Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Aanbidding

Aanbidding

Wie is die enigste persoon wat ons moet aanbid?

Eks 34:14; De 5:​8-10; Jes 42:8

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 4:​8-10 – Satan bied Jesus al die koninkryke van die wêreld aan in ruil vir ’n daad van aanbidding; Jesus verwerp die aanbod, vasbeslote om Jehovah alleen te aanbid

    • Op 19:​9, 10 – ’n Magtige engel weier dat die apostel Johannes hom aanbid

Hoe wil Jehovah hê dat ons hom moet aanbid?

Joh 4:24; Jak 1:​26, 27

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Jes 1:​10-17 – Jehovah verwerp en verafsku skynheilige dade van aanbidding van mense wat weier om volgens sy standaarde te lewe

    • Mt 15:​1-11 – Jesus se woorde wys dat Jehovah nie wil hê dat ons aanbidding op mensetradisies gebaseer moet wees nie, maar eerder op die wette van God

Saam met wie moet ons Jehovah aanbid, wanneer dit ook al moontlik is?

Heb 10:​24, 25

Sien ook Ps 133:​1-3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 2:​40-42 – In die eerste eeu kom Christene bymekaar om saam te bid, te assosieer en die leringe wat deur die heilige gees geïnspireer is, te studeer

    • 1Kor 14:​26-40 – Die apostel Paulus sê dat die gemeentelike vergaderinge ordelik en aanmoedigend moet wees sodat almal kan verstaan wat geleer word

Wat moet ons doen om seker te maak dat ons aanbidding vir Jehovah aanvaarbaar is?

Mt 7:​21-24; 1Jo 2:17; 5:3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Heb 11:6 – Die apostel Paulus verduidelik dat geloof baie belangrik is as ons Jehovah op ’n aanvaarbare manier wil aanbid

    • Jak 2:​14-17, 24-26 – Jakobus, die halfbroer van Jesus, verduidelik dat ons geloof met werke gepaardgaan; ons geloof beweeg ons om iets te doen