Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe


Hoe om die meeste uit hierdie Bybellesse te kry

Hoe om die meeste uit hierdie Bybellesse te kry

Studeer met een van Jehovah se Getuies: Vra die persoon wat hierdie brosjure vir jou gegee het, om die Bybel met jou te studeer of vra ’n Bybelstudie aan op ons webwerf, jw.org.

EERSTE DEEL

Lees elke paragraaf, insluitende die vrae in vetdruk (A) en die tekste (B) wat die hoofgedagtes beklemtoon. Jy sal sien dat party tekste gemerk is om te “lees”.

MIDDELSTE DEEL

Die eerste paragraaf (C) onder die opskrif Soek dieper verduidelik watter punte bespreek gaan word. Onderhofies (D) lei die hoofpunte in. Lees die tekste, beantwoord die vrae en kyk die video’s (E).

Kyk na die prente en die beskrywings van die prente (F), en dink aan hoe jy sal antwoord by Party mense sê (G).

LAASTE DEEL

Wat ons geleer het en Hersiening (H) sluit die les af. Sit die datum in waarop jy die les klaargemaak het. Doelwit (I) gee jou iets om aan te werk. In die deel Leer meer (J) sal jy nog inligting kry wat jy kan lees of waarna jy kan kyk.

Hoe om Bybeltekste te kry

Tekste bestaan uit die Bybelboek (A), die hoofstuk (B) en die vers of verse (C). Byvoorbeeld, Johannes 17:3 verwys na die boek Johannes, hoofstuk 17, vers 3.