Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 158

“Dit sal nie laat wees nie!”

“Dit sal nie laat wees nie!”

(Habakuk 2:3)

  1. 1. Wonders al om ons – alles só perfek!

    U’t als met geduld ontwerp en toe geskep.

    U sal als bewaar – die aarde sal bly staan.

    U wag met geduld om als weer nuut te maak.

    (REFREIN)

    Ons sien só uit daarna dat u als weer nuut gaan maak.

    Gee ons geduld om te wag.

    U het ’n dag gekies en “dit sal nie laat wees nie!”

    Maak nie saak hoe lank dit vat,

    ons sal daarvoor wag!

  2. 2. U sal hulle roep, hulle sal u hoor,

    en t’rugkom na ons. Ons almal wag daarvoor.

    Ons weet u wag ook, want u’t hul liefgehad.

    Gee ons die geduld om saam met u te wag.

    (REFREIN)

    Ons sien só uit daarna dat u als weer nuut gaan maak.

    Gee ons geduld om te wag.

    U het ’n dag gekies en “dit sal nie laat wees nie!”

    Maak nie saak hoe lank dit vat,

    ons sal daarvoor wag!

  3. 3. U soek met geduld dié wat u ook soek.

    U wil hulle red, u wag om dit te doen.

    Ons sal iemand leer as u hulle trek.

    Hoe dankbaar is ons om saam met u te werk!

    (REFREIN)

    Ons sien só uit daarna dat u als weer nuut gaan maak.

    Gee ons geduld om te wag.

    U het ’n dag gekies en “dit sal nie laat wees nie!”

    Maak nie saak hoe lank dit vat,

    ons sal daarvoor wag!

    Vader, help ons om te wag!

(Sien ook Kol. 1:11.)