Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Brief van die Bestuursliggaam

’n Brief van die Bestuursliggaam

Liewe broers en susters

Liefde vir God en vir mense motiveer ons om te ‘gaan en dissipels te maak van mense van al die nasies en hulle te doop’ (Matt. 28:​19, 20; Mark. 12:​28-31). Onselfsugtige liefde is kragtig. Dit kan die harte van dié raak wat “die regte gesindheid vir die ewige lewe” het. – Hand. 13:48.

In die verlede het ons daarop gefokus om aanbiedings te memoriseer en om lektuur te plaas. Nou moet ons daaraan werk om ons kommunikasievermoë te verbeter. Ons wil wys dat ons ander liefhet deur te praat oor onderwerpe waarin hulle belangstel. Dit beteken dat ons aanpasbaar moet wees en mooi moet dink aan waarin elke persoon belangstel en waaroor hulle bekommerd is. Hoe sal hierdie brosjure ons help om dit te doen?

Die brosjure het 12 lesse wat eienskappe bespreek wat ons moet ontwikkel sodat ons kan wys dat ons ander liefhet en dissipels kan maak. Elke les is gebaseer op ’n Bybelverslag waarin Jesus of ’n ander eerste-eeuse evangelieprediker ’n spesifieke eienskap in die bediening geopenbaar het. Die doel is nie om aanbiedings te memoriseer nie, maar om na maniere te soek om ons liefde vir mense te wys. Al is elke eienskap nodig vir alle aspekte van ons bediening, sal ons kyk na hoe sekere eienskappe veral nodig is wanneer ons gesprekke begin, herbesoeke doen of Bybelstudies hou.

Terwyl jy na elke les kyk, dink mooi na oor hoe jy die eienskap kan openbaar wanneer jy met mense praat waar jy bly. Probeer om jou liefde vir Jehovah en vir mense te versterk. Daardie liefde, meer as enige spesifieke tegniek, sal jou help om jou doelwit te bereik om dissipels te maak.

Ons waardeer die groot voorreg om skouer aan skouer met julle te werk (Sef. 3:9). Mag Jehovah julle ryklik seën terwyl julle aanhou om lief te wees vir mense en om dissipels te maak!

Julle broers

Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies