Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

BEGIN ’N GESPREK

LES 1

Belangstelling in ander

Belangstelling in ander

Beginsel: “Liefde . . . soek nie sy eie belang nie.” – 1 Kor. 13:​4, 5.

Wat Jesus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Johannes 4:​6-9. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Wat het Jesus opgemerk oor die vrou voordat hy ’n gesprek begin het?

  2.   Jesus het gesê: “Gee my ’n bietjie water om te drink.” Hoekom was dit ’n goeie manier om die gesprek te begin?

Wat leer ons by Jesus?

2. Daar is ’n groter kans dat ons ’n goeie gesprek sal hê as ons met ’n onderwerp begin waarin die ander persoon belangstel.

Volg Jesus na

3. Wees aanpasbaar. Moenie daarop aandring om ’n gesprek te begin oor ’n onderwerp wat jy in gedagte gehad het nie. Begin met iets waaroor ander vandag dink. Vra jouself:

  1.    ‘Wat is in die nuus?’

  2.   ‘Waaroor praat my bure, werksmaats of klasmaats?’

4. Wees oplettend. Vra jouself:

  1.    ‘Waarmee is die persoon besig? Waaroor dink hy dalk?’

  2.   ‘Wat sê die persoon se kleredrag, voorkoms of huis vir my oor sy oortuigings of kultuur?’

  3.   ‘Is dit ’n goeie tyd om met die persoon te praat?’

5. Luister.

  1.    Moenie te veel praat nie.

  2.   Moedig die ander persoon aan om te sê hoe hy voel. Vra vrae wanneer dit gepas is.