Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

BEGIN ’N GESPREK

LES 2

Natuurlikheid

Natuurlikheid

Beginsel: “Hoe goed is ’n woord op die regte tyd tog!” – Spr. 15:23.

Wat Filippus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Handelinge 8:​30, 31. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Hoe het Filippus die gesprek begin?

  2.   Hoekom was dit ’n natuurlike manier om die gesprek te begin en om die man ’n nuwe waarheid te leer?

Wat leer ons by Filippus?

2. As ons ’n gesprek natuurlik laat ontwikkel, is die kanse groter dat die ander persoon gemaklik sal voel en bereid sal wees om na ons boodskap te luister.

Volg Filippus na

3. Wees oplettend. ’n Persoon se gesigsuitdrukkings en liggaamstaal kan baie sê. Lyk dit asof die persoon met jou wil praat? Jy kan dalk oor iets uit die Bybel begin praat deur net te vra: “Het jy geweet dat . . . ?” Moenie iemand dwing om met jou te praat as hy nie wil nie.

4. Wees geduldig. Moenie voel dat jy dadelik oor die Bybel moet begin praat nie. Wag vir die regte geleentheid sodat jy op ’n natuurlike manier daaroor kan begin praat. Partykeer sal dit dalk beteken dat jy moet wag totdat jy weer met die persoon praat.

5. Wees aanpasbaar. ’n Gesprek kan dalk in ’n onverwagse rigting gaan. So wees bereid om iets te deel wat vir die persoon betekenisvol is, selfs al beteken dit dat jy ’n ander Bybelwaarheid moet bespreek as die een wat jy in gedagte gehad het.