Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

BEGIN ’N GESPREK

LES 3

Goedhartigheid

Goedhartigheid

Beginsel: “Liefde is . . . goedhartig.” – 1 Kor. 13:4.

Wat Jesus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Johannes 9:​1-7. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Wat het Jesus eerste gedoen – die blinde man genees of die goeie nuus met hom gedeel? – Sien Johannes 9:​35-38.

  2.   Hoekom dink jy was die man bereid om na Jesus te luister?

Wat leer ons by Jesus?

2. Daar is ’n groter kans dat ’n persoon na ons boodskap sal luister as hy aanvoel dat ons vir hom omgee.

Volg Jesus na

3. Wys dat jy empatie het met die persoon. Probeer verstaan hoe hy voel.

  1.    Vra jouself: ‘Waaroor is hy dalk bekommerd? Wat sal hom dalk help en waarin sal hy dalk belangstel?’ As jy dit doen, sal dit jou help om op ’n natuurlike en opregte manier goedhartig te wees.

  2.   Wys dat jy belangstel in die dinge wat vir ’n persoon belangrik is deur na hom te luister. Moenie die onderwerp verander as hy vir jou sê hoe hy oor iets voel of oor ’n probleem praat wat hy het nie.

4. Praat op ’n vriendelike en respekvolle manier. Wanneer jy meegevoel vir die persoon het en hom regtig wil help, sal hy dit in jou stemtoon kan hoor. Dink na oor wat jy gaan sê en hoe jy dit gaan sê, en moenie dinge sê wat hom aanstoot kan gee nie.

5. Wees behulpsaam. Soek na gepaste geleenthede om die persoon op praktiese maniere te help. Wanneer ons goedhartig teenoor iemand is, sal hy dalk meer bereid wees om met ons te praat.