Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

BEGIN ’N GESPREK

LES 5

Takt

Takt

Beginsel: “Laat julle woorde altyd aangenaam wees.” – Kol. 4:6.

Wat Paulus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Handelinge 17:​22, 23. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Hoe het Paulus gevoel oor die valse godsdiensgebruike wat hy in Atene gesien het? – Sien Handelinge 17:16.

  2.   Eerder as om die Ateners te veroordeel, hoe het Paulus hulle oortuigings op ’n taktvolle manier gebruik sodat hy die goeie nuus met hulle kon deel?

Wat leer ons by Paulus?

2. Daar is ’n groter kans dat mense na ons sal luister as ons versigtig kies wat ons sê, sowel as hoe en wanneer ons dit sê.

Volg Paulus na

3. Kies jou woorde versigtig. Byvoorbeeld, wanneer jy met iemand praat wat nie ’n Christen is nie, sal jy dalk die manier moet verander hoe jy die Bybel inlei of hoe jy na Jesus verwys.

4. Moenie vinnig wees om ’n persoon reg te help nie. Laat hom toe om vrylik te sê hoe hy voel. As hy iets sê wat nie ooreenstem met Bybelleringe nie, moenie met hom stry nie (Jak. 1:19). Deur na hom te luister, sal jy uitvind wat hy glo en hoekom hy dit glo. – Spr. 20:5.

5. Stem saam met die persoon en prys hom wanneer dit moontlik is. Hy glo dalk opreg dat sy godsdiensoortuigings reg is. Probeer om oor iets te praat waaroor julle albei saamstem, en help hom dan geleidelik om te verstaan wat die Bybel leer.