Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

BEGIN ’N GESPREK

LES 6

Moed

Moed

Beginsel: “Met die hulp van ons God het ons die moed bymekaargeskraap om julle die goeie nuus . . . te vertel.” – 1 Tess. 2:2.

Wat Jesus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Lukas 19:​1-7. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Hoekom het party mense Saggeus dalk vermy?

  2.   Wat het Jesus gemotiveer om ten spyte daarvan die goeie nuus met hom te deel?

Wat leer ons by Jesus?

2. Ons het moed nodig om die Koninkryksboodskap aan almal te verkondig.

Volg Jesus na

3. Vertrou op Jehovah. God se gees het Jesus die krag gegee om te preek, en dit kan jou ook help (Matt. 10:​19, 20; Luk. 4:18). Vra Jehovah vir die moed om te preek vir dié wat jy dalk intimiderend vind. – Hand. 4:29.

4. Moenie mense vooraf oordeel nie. Ons huiwer dalk om met party mense te praat as gevolg van hoe hulle lyk, hoe ryk of arm hulle is, hulle leefstyl of godsdiensoortuigings. Maar onthou:

  1.    Jehovah en Jesus kan harte lees; ons kan nie.

  2.   Niemand is buite die bereik van Jehovah se genade nie.

5. Wees moedig maar ook respekvol en versigtig (Matt. 10:16). Moenie stry nie. Beëindig die gesprek op ’n mooi manier as die persoon nie na die goeie nuus wil luister nie of as jy onveilig voel. – Spr. 17:14.