Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOLG OP

LES 8

Geduld

Geduld

Beginsel: “Liefde is geduldig.” – 1 Kor. 13:4.

Wat Jesus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Johannes 7:​3-5 en 1 Korintiërs 15:​3, 4, 7. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Hoe het Jesus se broers eers op sy boodskap gereageer?

  2.   Wat wys dat Jesus nie sy broer Jakobus afgeskryf het nie?

Wat leer ons by Jesus?

2. Ons moet geduldig wees, want party mense vat langer as ander om die goeie nuus te aanvaar.

Volg Jesus na

3. Probeer ’n ander metode. Moenie druk op ’n persoon plaas as hy nie onmiddellik ’n Bybelstudie aanvaar nie. Wanneer dit gepas is, gebruik video’s of artikels om hom te help verstaan wat gedurende ’n Bybelstudie gebeur en hoe dit hom sal help.

4. Moenie vergelyk nie. Elke persoon is uniek. As ’n familielid of ’n herbesoek huiwer om die Bybel te studeer of om ’n Bybellering te aanvaar, dink aan hoekom dit dalk so is. Is daar ’n spesifieke godsdiensoortuiging wat vir hom baie belangrik is? Plaas familielede of bure druk op hom? Gee hom tyd om te dink oor wat jy gesê het en om die waarde te sien van wat die Bybel sê.

5. Bid oor die belangstellende. Vra Jehovah om jou te help om positief en taktvol te bly. Bid vir goeie oordeel sodat jy kan weet wanneer om op te hou om iemand te besoek wat min belangstelling toon. – 1 Kor. 9:26.