Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOLG OP

LES 9

Empatie

Empatie

Beginsel: “Wees bly saam met mense wat bly is. Huil saam met mense wat huil.” – Rom. 12:15.

Wat Jesus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Markus 6:​30-34. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Hoekom wou Jesus en sy apostels “alleen . . . wees”?

  2.   Wat het Jesus gemotiveer om die skare te leer?

Wat leer ons by Jesus?

2. Empatie motiveer ons om om te gee vir mense, nie net vir ons boodskap nie.

Volg Jesus na

3. Luister mooi. Laat die persoon toe om te sê hoe hy voel. Moet hom nie onderbreek nie, en moenie sy gevoelens, bekommernisse of besware ignoreer nie. As jy mooi na hom luister, wys jy vir hom dat jy omgee oor wat hy dink.

4. Dink aan die belangstellende. Gebaseer op jou gesprekke met hom, vra jouself:

  1.    ‘Hoekom moet hy die waarheid hoor?’

  2.   ‘Hoe sal ’n studie van die Bybel sy daaglikse lewe en sy toekoms verbeter?’

5. Praat oor dinge wat hom kan help. Demonstreer so gou as moontlik hoe ’n Bybelstudie sy vrae kan beantwoord en hom op praktiese maniere kan help.