Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

MAAK DISSIPELS

LES 10

Vasbeslotenheid

Vasbeslotenheid

Beginsel: “Ons [wou] nie net die goeie nuus van God aan julle . . . gee nie, maar ook ons lewe, want ons het so lief geword vir julle.” – 1 Tess. 2:8.

Wat Jesus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Johannes 3:​1, 2. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Hoekom dink jy het Nikodemus Jesus in die aand besoek? – Sien Johannes 12:​42, 43.

  2.   Hoe het die feit dat Jesus in die aand met Nikodemus gepraat het, gewys dat hy vasbeslote was om dissipels te maak?

Wat leer ons by Jesus?

2. Ons wys dat ons lief is vir mense deur vasbeslote te wees om hulle te help om dissipels te word.

Volg Jesus na

3. Studeer op ’n tyd en plek wat jou Bybelstudent pas. Hy verkies dalk ’n spesifieke dag van die week of tyd van die dag. Sal hy gemakliker wees daarmee om by sy werk te studeer, by sy huis of op ’n openbare plek? Pas jou rooster so ver as moontlik aan by dit wat vir hom werk.

4. Studeer gereeld. Moenie die studie kanselleer as jy weg sal wees nie. Kyk eerder:

  1.    Kan jy die studie op ’n ander tyd daardie week hou?

  2.   Kan jy die studie oor die foon of deur middel van videoverbinding hou?

  3.   Kan jy ’n ander verkondiger vra om die studie te hou?

5. Bid vir die regte gesindheid. Vra Jehovah om jou te help om vasbeslote te bly om jou student te help, al is dit vir hom moeilik om gereeld te studeer of om raad uit die Bybel toe te pas (Fil. 2:13). Jou student het heel moontlik baie goeie eienskappe; bid vir hulp om daarop te fokus.