Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

MAAK DISSIPELS

LES 11

Eenvoud

Eenvoud

Beginsel: “Gebruik [woorde] wat maklik verstaan kan word.” – 1 Kor. 14:9.

Wat Jesus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Matteus 6:​25-27. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Hoe het Jesus in hierdie illustrasie gewys dat Jehovah vir ons omgee?

  2.   Op watter eenvoudige punt het Jesus gefokus, al het hy baie dinge oor voëls geweet? Hoekom was dit ’n goeie manier om ander te leer?

Wat leer ons by Jesus?

2. Wanneer ons ander op ’n eenvoudige manier leer, sal hulle onthou wat ons hulle geleer het en sal ons hulle harte raak.

Volg Jesus na

3. Moenie te veel praat nie. Moenie vir die persoon alles vertel wat jy oor ’n onderwerp weet nie, fokus eerder op die inligting in die studiepublikasie. Nadat jy vir jou student vrae gevra het, wag geduldig vir sy antwoord. As hy nie die antwoord ken nie of iets sê wat nie met Bybelleringe ooreenstem nie, gebruik bykomende vrae om hom te help om oor die saak te redeneer. Beweeg aan sodra jou student die hoofgedagte verstaan.

4. Help jou student om nuwe leringe te verbind met wat hy alreeds weet. Byvoorbeeld, voordat jy ’n les begin oor die opstanding, kan jy kortliks hersien wat die student alreeds oor die toestand van die dooies geleer het.

5. Gebruik illustrasies versigtig. Voordat jy ’n illustrasie gebruik, vra jouself:

  1.    ‘Is die illustrasie eenvoudig?’

  2.   ‘Sal my student dit maklik verstaan?’

  3.   ‘Sal dit my student help om die hoofgedagte te onthou – nie net die illustrasie nie?’