Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

MAAK DISSIPELS

LES 12

Moed

Moed

Beginsel: “Olie en reukwerk maak die hart bly, so ook die vriendskap van iemand wat jou opregte raad gee.” – Spr. 27:9.

Wat Jesus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Markus 10:​17-22. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Watter goeie eienskappe het Jesus dalk in die jong heerser gesien?

  2.   Hoekom het Jesus liefde en moed nodig gehad om die man raad te gee?

Wat leer ons by Jesus?

2. Ons moet op ’n liefdevolle maar reguit manier met ons studente praat om hulle te help om geestelike vordering te maak.

Volg Jesus na

3. Help jou student om doelwitte te stel en te bereik.

  1.    Gebruik die “Doelwit”-deel in elke les van Geniet die lewe vir ewig!

  2.   Help jou student om spesifieke stappe te identifiseer om kort- en langtermyndoelwitte te bereik.

  3.   Prys jou student gereeld vir sy vordering.

4. Identifiseer struikelblokke wat vordering keer, en help jou student om dit te oorkom.

  1.    Vra jouself:

    • ‘As my student nie tot doop vorder nie, wat keer hom?’

    • ‘Wat kan ek doen om hom te help?’

  2.   Bid vir die moed om op ’n reguit en liefdevolle manier met jou student te praat oor wat hy moet doen.

5. Stop onproduktiewe studies.

  1.    Bepaal of jou Bybelstudie produktief is deur jouself te vra:

    • ‘Pas my student toe wat hy leer?’

    • ‘Woon hy gemeentelike vergaderinge by, en deel hy die waarheid met ander?’

    • ‘As hy al ’n ruk lank studeer, wil hy een van Jehovah se Getuies word?’

  2.   As ’n Bybelstudent nie vordering wil maak nie:

    • Vra hom om te dink oor wat hom dalk terughou.

    • Verduidelik op ’n taktvolle manier hoekom jy die studie stop.

    • Sê vir hom wat hy moet doen om vordering te maak voordat jy sal voortgaan met die studie.