Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

AANHANGSEL A

Waarhede wat ons geniet om vir ander te leer

Waarhede wat ons geniet om vir ander te leer

Jesus het gesê dat opregte mense die waarheid sal herken wanneer hulle dit hoor (Joh. 10:​4, 27). So wanneer ons met mense praat, wil ons eenvoudige Bybelwaarhede met hulle deel. Probeer om ’n waarheid in te lei deur te vra: “Het jy geweet . . . ?” of “Het jy al ooit gehoor . . . ?” Gebruik dan die teks(te) wat daarmee verband hou om daardie waarheid te verduidelik. As ons ’n eenvoudige Bybelwaarheid deel, kan dit ’n saadjie in ’n persoon se hart plant, en God kan daardie saadjie laat groei! – 1 Kor. 3:​6, 7.

 DIE TOEKOMS

  1. 1. Huidige gebeure en gesindhede wys dat dinge binnekort gaan verander. – Matt. 24:​3, 7, 8; Luk. 21:​10, 11; 2 Tim. 3:​1-5.

  2. 2. Die aarde gaan nooit vernietig word nie. – Ps. 104:5; Pred. 1:4.

  3. 3. Die aarde se omgewing gaan herstel word. – Jes. 35:​1, 2; Op. 11:18.

  4. 4. Almal gaan volmaakte gesondheid hê. – Jes. 33:24; 35:​5, 6.

  5. 5. Jy kan vir ewig op die aarde lewe. – Ps. 37:29; Matt. 5:5.

 GESIN

  1. 6. ’n Man moet “sy vrou liefhê soos homself”. – Ef. 5:33; Kol. 3:19.

  2. 7. ’n Vrou moet diep respek vir haar man hê. – Ef. 5:33; Kol. 3:18.

  3. 8. ’n Man en vrou moet lojaal aan mekaar wees. – Mal. 2:16; Matt. 19:​4-6, 9; Heb. 13:4.

  4. 9. Kinders wat hulle ouers respekteer en gehoorsaam, sal suksesvol wees. – Spr. 1:​8, 9; Ef. 6:​1-3.

NASA, ESA and the Hubble Heritage Team (STScI/AURA)-ESA/Hubble Collaboration. Licensed under CC BY 4.0. Source.

 GOD

  1. 10. God het ’n naam. – Ps. 83:18; Jer. 10:10.

  2. 11. God kommunikeer met ons. – 2 Tim. 3:​16, 17; 2 Pet. 1:​20, 21.

  3. 12. God is regverdig en nie partydig nie. – Deut. 10:17; Hand. 10:​34, 35.

  4. 13. God wil ons help. – Ps. 46:1; 145:​18, 19.

 GEBED

  1. 14. God wil hê dat ons tot hom moet bid. – Ps. 62:8; 65:2; 1 Pet. 5:7.

  2. 15. Die Bybel leer ons hoe om te bid. – Matt. 6:​7-13; Luk. 11:​1-4.

  3. 16. Ons moet dikwels bid. – Matt. 7:​7, 8; 1 Tess. 5:17.

 JESUS

  1. 17. Jesus was ’n groot leermeester wie se raad altyd werk. – Matt. 6:​14, 15, 34; 7:12.

  2. 18. Jesus het die gebeure voorspel wat ons vandag sien. – Matt. 24:​3, 7, 8, 14; Luk. 21:​10, 11.

  3. 19. Jesus is God se Seun. – Matt. 16:16; Joh. 3:16; 1 Joh. 4:15.

  4. 20. Jesus is nie God die Almagtige nie. – Joh. 14:28; 1 Kor. 11:3.

Based on NASA/Visible Earth imagery

 GOD SE KONINKRYK

  1. 21. God se Koninkryk is ’n regte regering in die hemel. – Dan. 2:44; 7:​13, 14; Matt. 6:​9, 10; Op. 11:15.

  2. 22. God se Koninkryk gaan menseregerings vervang. – Ps. 2:​7-9; Dan. 2:44.

  3. 23. God se Koninkryk is die enigste oplossing vir die mensdom se probleme. – Ps. 37:​10, 11; 46:9; Jes. 65:​21-23.

 SWAARKRY

  1. 24. God veroorsaak nie dat ons swaarkry nie. – Deut. 32:4; Jak. 1:13.

  2. 25. Satan is in beheer van hierdie wêreld. – Luk. 4:​5, 6; 1 Joh. 5:19.

  3. 26. God sien dat jy swaarkry, en hy wil jou help. – Ps. 34:​17-19; Jes. 41:​10, 13.

  4. 27. God sal binnekort ’n einde maak aan swaarkry. – Jes. 65:17; Op. 21:​3, 4.

 DOOD

  1. 28. Die dooies weet absoluut niks nie; hulle ondervind nie pyn en lyding nie. – Pred. 9:5; Joh. 11:​11-14.

  2. 29. Die dooies kan ons nie help of ons seermaak nie. – Ps. 146:4; Pred. 9:​6, 10.

  3. 30. Geliefdes wat gesterf het, sal opgewek word. – Job 14:​13-15; Joh. 5:​28, 29; Hand. 24:15.

  4. 31. “Die dood sal nie meer daar wees nie.” – Op. 21:​3, 4; Jes. 25:8.

 GODSDIENS

  1. 32. God keur nie alle godsdienste goed nie. – Jer. 7:11; Matt. 7:​13, 14, 21-23.

  2. 33. God haat skynheiligheid. – Jes. 29:13; Miga 3:11; Mark. 7:​6-8.

  3. 34. Ware liefde identifiseer die ware godsdiens. – Miga 4:3; Joh. 13:​34, 35.