Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

AANHANGSEL C

Hoe om Bybelstudies te hou deur Geniet die lewe vir ewig! te gebruik

Hoe om Bybelstudies te hou deur Geniet die lewe vir ewig! te gebruik

Baie gebede en navorsing is gedoen om die boek Geniet die lewe vir ewig! te vervaardig. Om die meeste uit hierdie publikasie te kry, gebruik die volgende metode wanneer jy Bybelstudies hou.

Voor die studie

  1. 1. Berei deeglik voor. Terwyl jy dit doen, dink aan jou student se behoeftes, omstandighede en oortuigings. Dink aan enige punte wat dalk vir hom moeilik sal wees om te verstaan of toe te pas. Dink aan hoe die inligting in die deel “Leer meer” jou student kan help, en wees gereed om dit, wanneer nodig, gedurende die studie te gebruik.

Gedurende die studie

  1. 2. Bid voor en ná die studie, as jou student instem.

  2. 3. Moenie te veel praat nie. Fokus op die inligting, en laat die student sê wat hy dink.

  3. 4. Wanneer jy met ’n nuwe deel van die boek begin, lees die “Doel” vir daardie deel en noem ’n paar van die lesse se titels.

  4. 5. Wanneer jy ’n nuwe deel klaargemaak het, gebruik die hersieningsgedeelte om jou student te help om die waarhede te onthou wat hy geleer het.

  5. 6. Doen die volgende terwyl jy elke les met jou student studeer:

    1. Lees die eerste deel.

    2. Lees al die verse waar dit sê “Lees”.

    3. Lees ander verse wanneer dit nodig is.

    4. Speel al die video’s waar dit sê “Speel” (as jy dit kan speel).

    5. Vra die student elke vraag.

    6. Vra jou student om te kyk na die prente in die deel “Soek dieper”, en vra die student om ’n kommentaar daaroor te gee.

    7. Gebruik die “Doelwit”-venster om jou student te help om sy geestelike vordering te meet. Jy kan hom aanmoedig om die voorgestelde doelwit te gebruik, om ander doelwitte te stel of albei.

    8. Vra jou student of daar ’n artikel of ’n video is wat hy veral geniet het in die deel “Leer meer” toe hy die les voorberei het.

    9. Probeer om elke les in een sessie te voltooi.

Ná die studie

  1. 7. Bly dink aan jou student. Bid tot Jehovah en vra hom om jou student se vordering te seën en om jou die wysheid te gee om te weet hoe om hom te help.