Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inligting vir byeenkomsgangers

Inligting vir byeenkomsgangers

DONASIES Dit kos baie geld om te verseker dat daar voldoende sitplek, ’n klankstelsel, videotoerusting en baie ander dienste is wat dit aangenaam maak om die byeenkoms by te woon en wat ons help om nader aan Jehovah te kom. Jou vrywillige donasies help om hierdie uitgawes te dek en ondersteun ook die wêreldwye werk. Duidelik gemerkte bydraebussies is vir jou gerief op verskillende plekke op die byeenkomsterrein geplaas. Jy kan ook aanlyn ’n bydrae maak deur te gaan na donate.pr418.com. Alle donasies word baie waardeer. Die Bestuursliggaam wil jou bedank vir jou vrygewigheid en omdat jy help om Koninkryksbelange te ondersteun.

DOOP Die afgebakende sitplekke vir doopkandidate sal reg voor die verhoog wees, tensy anders aangedui word. Doopkandidate moet hulle sitplekke daar inneem voordat die dooptoespraak Saterdagoggend begin. Elkeen moet ’n handdoek en beskeie swemklere saambring.

NOODHULP Hou asseblief in gedagte dat dit slegs vir noodgevalle is.

SAALWAGTERS Die saalwagters is daar om jou te help. Gee hulle asseblief jou volle samewerking deur te luister na hulle instruksies in verband met parkering, skarebeheer, die hou van sitplekke en ander sake.

SITPLEK Neem asseblief ander in ag. Hou in gedagte dat sitplekke slegs gehou mag word vir jou gesin, dié wat saam met jou in jou motor ry, wat in dieselfde huis as jy woon of met wie jy tans die Bybel studeer. Moet asseblief nie artikels op sitplekke rondom jou plaas as jy dit nie vir iemand hou nie.

VERLORE GOEDERE Alle verlore goedere wat gevind word, moet na die Afdeling vir Verlore Goedere geneem word. As jy enige iets verloor het, kan jy na hierdie afdeling gaan en jou besittings uitken. Kinders wat van hulle ouers afgedwaal het, moet na hierdie afdeling geneem word. Maar pas asseblief jou kinders op en hou hulle by jou om enige onnodige stres te vermy vir almal wat betrokke is.

VRYWILLIGERDIENS As jy met die werk by die byeenkoms wil help, moet jy asseblief by die Inligting- en Vrywilligerafdeling aanmeld.

Gereël deur die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies

© 2024 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania