Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die dood—’n Wrede werklikheid!

Die dood—’n Wrede werklikheid!

Die dood—’n Wrede werklikheid!

“VAN die oomblik van geboorte af is daar voortdurend die moontlikheid dat ’n mens enige oomblik kan sterf”, het die Britse geskiedkundige Arnold Toynbee geskryf. Hy het bygevoeg: “En dit is onvermydelik dat hierdie moontlikheid ’n voldonge feit gaan word.” Hoeveel hartseer veroorsaak die dood van ’n geliefde gesinslid of hegte vriend ons tog!

Die dood is al millenniums lank ’n wrede werklikheid vir die mensdom. ’n Gevoel van hulpeloosheid oorweldig ons wanneer ’n geliefde sterf. Niemand kan die dood vryspring nie. “Droefheid maak van ons almal weer kinders—dit vernietig alle verskille in intellek. Die wysste mense weet niks nie.” Dit was die woorde van ’n 19de-eeuse essayis. Ons word soos klein kindertjies—hulpeloos, nie in staat om die situasie te verander nie. Nie eens rykdom of mag kan die verlies ongedaan maak nie. Wyse en intellektuele mense het nie antwoorde nie. Die sterkes huil net soos die swakkes.

Koning Dawid van eertydse Israel het sulke smart ervaar toe sy seun Absalom gesterf het. Toe hy hoor dat sy seun dood is, het die koning begin huil en uitgeroep: “My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek, ek self, maar in jou plek gesterf het, Absalom, my seun, my seun!” (2 Samuel 18:33). ’n Magtige koning wat gedugte vyande onderwerp het, kon niks anders doen nie as om hulpeloos te wens dat hy, in plaas van sy seun, voor ‘die laaste vyand, die dood’, geswig het.—1 Korintiërs 15:26.

Is daar ’n oplossing vir die dood? Indien wel, watter hoop is daar vir die dooies? Sal ons ooit weer ons geliefdes sien? Die volgende artikel verskaf Bybelse antwoorde op hierdie vrae.