Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die waarde van “’n swakker vat”

Die waarde van “’n swakker vat”

Die waarde van “’n swakker vat”

“JULLE, mans, [moet] voortgaan om ooreenkomstig kennis met [julle vrouens] saam te woon”, het die apostel Petrus geskryf, “en aan hulle eer toe te ken as ’n swakker vat, die vroulike” (1 Petrus 3:7). Verkleineer hierdie teks vroue enigsins wanneer dit na hulle verwys as “’n swakker vat”? Kom ons kyk wat die geïnspireerde skrywer oorspronklik wou oordra.

Die Griekse selfstandige naamwoord wat met “eer” vertaal word, beteken “prys, waarde, . . . respek”. ’n Christenman moet dus sy vrou met teerheid behandel en haar op gepaste wyse in ag neem asof sy ’n delikate, kosbare houer is. Dit is glad nie verkleinerend nie. Kyk byvoorbeeld na die Tiffany-lotuslamp. Hierdie pragtige lamp kan inderdaad as delikaat beskou word. Verminder die feit dat die lamp so delikaat is die waarde daarvan? Glad nie! In 1997 is die oorspronklike Tiffany-lotuslamp op ’n veiling verkoop vir 17,9 miljoen rand! Die delikate samestelling van die lamp het die waarde daarvan vermeerder, nie verminder nie.

Net so word ’n vrou nie van haar waarde ontneem of verkleineer wanneer daar eer aan haar toegeken word as ’n swakker vat nie. As ’n man “ooreenkomstig kennis” met sy vrou wil saamwoon, beteken dit dat hy haar sterk punte en beperkings, haar voor- en afkeure, en haar uitkyk en gevoelens in ag moet neem. ’n Man wat omgee, erken en respekteer persoonlikheidsverskille tussen hom en sy vrou. Hy neem haar op gepaste wyse in ag “sodat [sy] gebede nie verhinder word nie” (1 Petrus 3:7). ’n Man wat sy vrou se vroulike deugde nie respekteer nie, stel sy eie verhouding met God in gevaar. Dit is duidelik dat God se Woord nie vroue verkleineer nie. Dit verleen eerder waardigheid en eer aan hulle.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

© Christie’s Images Limited 1997