Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat is “die laaste dae”?

Wat is “die laaste dae”?

Wat is “die laaste dae”?

WONDER jy wat die toekoms vir jou en jou geliefdes inhou? Baie mense skenk noukeurig aandag aan die nuusmedia om te sien hoe wêreldgebeure moontlik hulle lewe sal beïnvloed. As ons egter aandag skenk aan God se geïnspireerde Woord, kan ons ware insig verkry. Dit is omdat die Bybel lank gelede nie net die huidige toedrag van sake voorspel het nie, maar ook die toekoms.

Byvoorbeeld, toe Jesus Christus op die aarde was, het hy baie oor die Koninkryk van God gepraat (Lukas 4:43). Die mense wat na hom geluister het, wou natuurlik weet wanneer hierdie wonderlike Koninkryk sou kom. Trouens, drie dae voordat Jesus ten onregte doodgemaak is, het sy dissipels hom gevra: “Wat sal die teken van u teenwoordigheid [in Koninkryksmag] en van die voleinding van die stelsel van dinge wees?” (Matteus 24:3). Jesus het vir hulle gesê dat Jehovah God alleen weet presies wanneer die Koninkryk volle beheer oor die aarde sal oorneem (Matteus 24:36; Markus 13:32). Maar Jesus en ander het wel sekere verwikkelinge op die aarde voorspel wat sou bewys dat Christus in Koninkryksmag regeer.

Voordat ons die sigbare bewyse ondersoek dat ons in “die laaste dae” van die teenswoordige stelsel van dinge lewe, kan ons kortliks kyk na ’n belangrike gebeurtenis wat in die onsigbare geesteryk plaasgevind het (2 Timoteus 3:1). Jesus Christus het in die jaar 1914 Koning in die hemel geword (Daniël 7:13, 14). a Onmiddellik nadat hy Koninkryksmag ontvang het, het Jesus tot aksie oorgegaan. Die Bybel sê vir ons: “Oorlog het in die hemel uitgebreek: Migael en sy engele het teen die draak geveg, en die draak en sy engele het geveg” (Openbaring 12:7). “Migael, die aartsengel,” is Jesus Christus in sy hemelse posisie (Judas 9; 1 Tessalonisense 4:16). b Die draak is Satan die Duiwel. Hoe het Satan en sy bose engelevolgelinge, wat demone genoem word, in die stryd gevaar? Hulle het daardie oorlog verloor en is na die omgewing van die aarde “neergeslinger”, of uit die hemel gewerp (Openbaring 12:9). Daarom was die “hemele en [dié] wat daarin woon”, dit wil sê getroue geesseuns van God, bly. Mense het egter glad nie in hierdie blydskap gedeel nie. “Wee die aarde”, het die Bybel voorspel, “want die Duiwel het na julle toe neergedaal en het groot toorn, omdat hy weet dat hy ’n kort tydjie het.”—Openbaring 12:12.

In sy woede het Satan weë—lyding en ellende—oor diegene gebring wat op die aarde woon. Maar hierdie weë sal van korte duur wees, net “’n kort tydjie”. Die Bybel verwys na hierdie tydperk as “die laaste dae”. Ons kan bly wees dat die Duiwel se invloed oor die aarde binnekort heeltemal verwyder sal word. Maar watter bewys is daar dat ons in die laaste dae lewe?

[Voetnote]

b Vir meer inligting, sien Wat leer die Bybel werklik? bladsye 218-19, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Foto-erkennings op bladsy 2]

VOORBLAD: Foreground: © Chris Stowers/Panos Pictures; background: FAROOQ NAEEM/AFP/Getty Images