Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wie is God?

Wie is God?

Wie is God?

HOE sou jy daardie vraag beantwoord? Party mense meen dat hulle God goed ken—dat hy ’n hegte vriend is. Ander beskou God meer as ’n verlangse familielid. Hulle glo dat hy bestaan, maar weet nie veel omtrent hom nie. Hoe sou jy, indien jy in God glo, die vrae hieronder beantwoord?

1. Is God ’n werklike persoon?

2. Het God ’n naam?

3. Is Jesus die almagtige God?

4. Gee God vir my om?

5. Is alle vorme van aanbidding vir God aanneemlik?

As jy ander vra om hierdie vrae te beantwoord, sal jy waarskynlik ’n verbasende verskeidenheid antwoorde kry. Dit is dus geen wonder dat mites en wanopvattings aangaande God ontstaan het nie.

Waarom die antwoorde saak maak

Terwyl Jesus Christus gepraat het met ’n godsdienstige vrou wat hy by ’n put ontmoet het, het hy benadruk hoe belangrik dit is om te weet wat die waarheid omtrent God is. Hierdie vrou, ’n Samaritaan, het besef dat Jesus ’n profeet is. Maar iets het haar gepla. Jesus se godsdiens het van hare verskil. Toe sy haar bedenkinge hieroor uitspreek, het Jesus reguit vir haar gesê: “Julle aanbid wat julle nie ken nie” (Johannes 4:19-22). Jesus was klaarblyklik van mening dat nie alle godsdienstige mense God werklik ken nie.

Beteken Jesus se stelling dat niemand God werklik kan ken nie? Nee. Jesus het verder vir die vrou gesê: “Ware aanbidders [sal] die Vader met gees en waarheid . . . aanbid, want die Vader soek inderdaad sulke mense om hom te aanbid” (Johannes 4:23). Is jy onder diegene wat God “met gees en waarheid” aanbid?

Dit is uiters belangrik dat jy seker maak van die antwoord op hierdie vraag. Waarom? Jesus het beklemtoon hoe noodsaaklik juiste kennis is toe hy gebid het: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus” (Johannes 17:3). Ja, jou vooruitsigte op toekomstige lewe hang daarvan af dat jy weet wat die waarheid omtrent God is!

Is dit werklik moontlik om te weet wat die waarheid omtrent God is? Ja, dit is! Maar hoe kan jy dit vind? Jesus het die volgende omtrent homself gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur my nie” (Johannes 14:6). Hy het ook gesê: “Niemand weet wie die Vader is nie, behalwe die Seun, en hy aan wie die Seun bereid is om hom te openbaar.”—Lukas 10:22.

Die sleutel tot kennis van God word dus gevind in die leringe van Jesus Christus, die Seun van God. Trouens, Jesus belowe ons: “As julle by my leringe bly, is julle werklik my dissipels. Dan sal julle die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”—Johannes 8:31, 32, The Holy Bible—New International Version.

Hoe sou Jesus die vyf vrae wat vroeër geopper is, beantwoord?

[Prent op bladsy 4]

Aanbid jy ’n God wat jy nie werklik ken nie?