Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Wanneer is Satan uit die hemel gewerp?—Op. 12:1-9.

Hoewel die Bybelboek Openbaring nie sê presies wanneer Satan uit die hemel gewerp is nie, meld dit wel ’n reeks gebeure wat ons kan help om vas te stel min of meer wanneer hy uitgewerp is. Die eerste van hierdie gebeure is die geboorte van die Messiaanse Koninkryk. Daarna ‘het oorlog in die hemel uitgebreek’, wat tot Satan se nederlaag en sy uiteindelike uitwerping uit die hemel gelei het.

Die Skrif wys duidelik op 1914 as die jaar toe “die vasgestelde tye van die nasies” geëindig het en die Koninkryk opgerig is (Luk. 21:24). a Hoe gou hierna het die oorlog in die hemel uitgebreek, wat tot Satan se uitwerping gelei het?

“Die draak [Satan] het voor die vrou bly staan wat op die punt gestaan het om geboorte te gee”, sê Openbaring 12:4, “sodat hy, wanneer sy geboorte gegee het, haar kind kon verslind.” Dit toon dat Satan gou van die pasgebore Koninkryk ontslae wou raak, sommer die oomblik toe dit gebore is, indien enigsins moontlik. Hoewel Jehovah se ingryping Satan verhinder het om sy bose oogmerk uit te voer, het Satan ’n doelgerigte en meedoënlose poging aangewend om die pas opgerigte Koninkryk skade aan te doen. Dit is derhalwe te begrype dat “Migael en sy engele” sonder versuim sou optree om “die draak en sy engele” uit die hemel te verwyder sodat die Koninkryk geen skade aangedoen kon word nie. Dit gee te kenne dat Satan se nederlaag en uitwerping kort ná die Koninkryk se geboorte in 1914 plaasgevind het.

Nog ’n faktor wat in ag geneem moet word, is die opstanding van gesalfde Christene wat—volgens skriftuurlike bewyse—kort ná die oprigting van die Koninkryk begin het (Op. 20:6). b Aangesien nie een van Christus se gesalfde broers volgens die verslag saam met Jesus teen die draak en sy engele veg nie, het die oorlog in die hemel en die uitwerping van Satan en sy demone reeds plaasgevind teen die tyd dat die opstanding van Christus se broers begin het.

Die Bybel openbaar dus nie die presiese tyd toe Satan en sy demone uit die hemel gewerp is nie. Dit is nietemin duidelik dat hierdie gebeurtenis plaasgevind het kort nadat Jesus Christus in 1914 in die hemel op die troon geplaas is.

[Voetnote]