Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die “vasgestelde tyd” is naby

Die “vasgestelde tyd” is naby

Die “vasgestelde tyd” is naby

SOOS die profeet Habakuk, het die dissipels van Jesus daarna gesmag om die einde van lyding te sien. Nadat hulle geleer het wat die Koninkryk van God gaan doen om sake op die aarde reg te stel, het hulle Jesus gevra: “Wanneer sal hierdie dinge wees, en wat sal die teken van u teenwoordigheid [in Koninkryksmag] en van die voleinding van die stelsel van dinge wees?” (Matteus 24:3). In antwoord het Jesus gesê dat net Jehovah God weet presies wanneer die Koninkryk volle beheer oor die aarde sal oorneem (Matteus 24:36; Markus 13:32). Maar Jesus en ander het wel sekere verwikkelinge voorspel wat sou aandui dat die tyd naby is.—Sien die  venster regs.

Stem jy nie saam dat hierdie dinge vandag algemeen is nie? Jesus het ook voorspel dat ’n onderrigtingswerk wêreldwyd gedoen sou word. Hy het gesê: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”—Matteus 24:14.

Dit is presies wat vandag gebeur. Jehovah se Getuies doen hierdie werk. In ongeveer 236 lande is daar meer as sewemiljoen Getuies wat mense vertel wat die Koninkryk gaan doen, en hulle help mense om te voldoen aan die regverdige vereistes van God, wie se wil dit is om ’n einde aan pyn en lyding te maak. Hou aan om oor God se Koninkryk te leer, en jy sal die vooruitsig hê om in ’n wêreld sonder lyding te lewe—vir ewig.

[Venster op bladsy 8]

 Bybeltekste wat dui op die laaste dae

MATTEUS 24:6, 7; OPENBARING 6:4

• Oorloë op ongeëwenaarde skaal

MATTEUS 24:7; MARKUS 13:8

• Groot aardbewings

• Voedseltekorte

LUKAS 21:11; OPENBARING 6:8

• Pessiektes

MATTEUS 24:12

• Toenemende wetteloosheid

• Liefde wat verkoel

OPENBARING 11:18

• Verderwing van die aarde

2 TIMOTEUS 3:2

• Oormatige liefde vir geld

• Ongehoorsaamheid aan ouers

• Oordrewe liefde vir self

2 TIMOTEUS 3:3

• ’n Gebrek aan natuurlike geneentheid

• Mense nie bereid tot enige ooreenkoms nie

• ’n Gebrek aan selfbeheersing op alle vlakke van die samelewing

• ’n Algemene gebrek aan liefde vir die goeie

2 TIMOTEUS 3:4

• Meer liefde vir genot as vir God

2 TIMOTEUS 3:5

• Baie wat huigelagtig beweer dat hulle Christene is

MATTEUS 24:5, 11; MARKUS 13:6

• Baie valse profete wat bedrywig is

MATTEUS 24:9; LUKAS 21:12

• Vervolging van ware Christene

MATTEUS 24:39

• Mense wat geen ag slaan op Bybelse waarskuwings nie

[Prent op bladsy 8]

Regoor die aarde leer Jehovah se Getuies ander oor God se Koninkryk