Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy dit geniet om onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

• In watter sin kan God jou ryk maak?

In die verlede het Jehovah sommige, soos Abraham en Salomo, met materiële rykdom geseën. Maar die rykdom wat Christene die nodigste het en wat God ons kan help om te vind, sluit geloof, vrede, vergenoegdheid en geluk in.—9/1, bladsye 3-7.

• Watter les kan ons leer uit die feit dat Jesus Petrus gered het toe hy in die see begin sink het? (Matt. 14:28-31)

As ons ’n broer se skynbare gebrek aan geloof opmerk, kan ons in figuurlike sin ons hand uitsteek en hom help om meer geloof op te bou.—9/15, bladsy 8.

• Wat het ons verlossing Jehovah gekos?

Jehovah moes dit verduur dat sy Seun gemartel en bespot word. En, soos voorafgeskadu deur Abraham se bereidwilligheid om sy seun op te offer, moes Jehovah dit verduur dat sy Seun as ’n misdadiger tereggestel word.—9/15, bladsye 28-29.

• Waarom is die Vatikaanse Kodeks ’n skat?

Dit is ’n Griekse manuskrip wat dateer uit ’n tydperk minder as 300 jaar nadat die Bybel voltooi is. Dit bevat ’n byna volledige teks van die Hebreeuse Geskrifte en die Christelike Griekse Geskrifte. Dit is een hulpmiddel wat geleerdes gebruik om vas te stel wat in die oorspronklike teks van die Bybel verskyn het.—10/1, bladsye 18-20.

• Watter les leer Spreuke 24:27 ons aangaande die ‘opbouing van ’n huisgesin’?

’n Man wat wil trou, moet hom vir hierdie verantwoordelikheid voorberei. Dit sluit in dat hy hom gereedmaak om materieel vir ’n gesin te sorg en om die geestelike hoof van ’n huisgesin te wees.—10/15, bladsy 12.

• Waarom is dit verkeerd om van Jehovah se Getuies as ’n Protestantse godsdiens te praat?

Protestantisme het in die 16de-eeuse Europa ontstaan in ’n poging om die Rooms-Katolieke Kerk te hervorm. “Protestantisme” is van toepassing op diegene wat die strewes van die Hervorming aanhang. Hoewel Jehovah se Getuies die universele gesag van die pous verwerp en die oppergesag van die Bybel heelhartig ondersteun, verwerp hulle ook talle onskriftuurlike leringe en gebruike wat algemeen is in Protestantse godsdienste.—11/1, bladsy 19.

• Moet ’n mens Hebreeus en Grieks leer om die Bybel te verstaan?

Nee. ’n Blote kennis van hierdie tale maak iemand nie meer geneig om die Bybel se boodskap te verstaan nie. Iemand wat hierdie tale bestudeer het, is nog steeds afhanklik van woordeboeke en taalboeke. Die feit dat God die woorde van sy grootste Kneg slegs in ’n vertaalde vorm laat bewaar het, toon dat ’n mens Bybelvertalings in hedendaagse tale kan gebruik en die waarheid daaruit kan leer.—11/1, bladsye 20-23.

• Hoe het Jehovah en Jesus vir ons ’n voorbeeld in goeie maniere gestel?

Ondanks Jehovah se hoë posisie behandel hy mense met goedhartigheid en respek. Hy het Abraham en Moses aangespreek deur ’n Hebreeuse woord te gebruik wat dikwels met “asseblief” vertaal word (Gen. 13:14; Eks. 4:6). God luister ook na mense (Gen. 18:23-32). Jesus het dit ook gedoen, en hy was gereed en gewillig om diegene om hom te help en het dikwels selfs hulle name gebruik.—11/15, bladsy 25.

• Waarom vier ware Christene nie die Maannuwejaar nie?

Die Maannuwejaar is ’n belangrike fees op Asiatiese kalenders. Die viering behels dikwels pogings om geluk te verseker en om respek aan die geeste te betoon. Christene eer en respekteer hulle ouers, maar hulle neem nie deel aan feeste wat bedoel is om ’n band met afgestorwe voorouers te smee vir beskerming of om die guns van huisgode te soek nie.—12/1, bladsye 20-23.