Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Is jy voorbereid vir die allerbelangrikste dag van die jaar?

Is jy voorbereid vir die allerbelangrikste dag van die jaar?

Is jy voorbereid vir die allerbelangrikste dag van die jaar?

NET ’n paar uur voor sy dood het Jesus ’n spesiale manier ingestel om sy dood te herdenk. Hierdie herdenking het bekend geword as “die Here se aandmaal” of “die nagmaal van die Here” (1 Korintiërs 11:20, Ou Afrikaanse Bybelvertaling). Jesus het getoon hoe belangrik hierdie geleentheid is toe hy beveel het: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen” (Lukas 22:19). Wil jy graag aan Jesus gehoorsaam wees? Indien wel, sal jy die herdenking van Jesus se dood as die allerbelangrikste dag van die jaar beskou.

Maar presies wanneer moet jy hierdie gebeurtenis herdenk? En hoe kan jy seker maak dat jy ten volle voorbereid is om die betekenis van hierdie belangrike geleentheid te verstaan? Dit is vrae waaroor elke Christen goed moet nadink.

Hoe dikwels?

Ons herdenk belangrike gebeurtenisse gewoonlik jaarliks. Byvoorbeeld, hoewel diegene in New York wat geliefdes aan die dood afgestaan het toe die World Trade Center aangeval is, gedurig aan die tragiese gebeure van 11 September 2001 dink, het hierdie datum elke jaar vir hulle besondere betekenis.

Net so is belangrike geleenthede in Bybeltye jaarliks herdenk (Ester 9:21, 27). Jehovah het die Israeliete beveel om hulle wonderdadige verlossing uit slawerny in Egipte jaarliks te vier. Die Bybel verwys na hierdie viering as die Pasga, en die Israeliete het die geleentheid een keer per jaar gevier op die datum waarop hulle gered is.—Eksodus 12:24-27; 13:10.

Kort nadat Jesus die Pasga saam met sy apostels gevier het, het hy die spesiale maaltyd ingestel wat as die voorbeeld sou dien van hoe sy dood herdenk moet word (Lukas 22:7-20). Die Pasga is jaarliks gevier. Dit bring ons dus tot die slotsom dat hierdie nuwe herdenking wat die Pasga vervang het, ook een keer per jaar gehou moet word. Maar op watter datum?

Wanneer?

Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons twee dinge verstaan. Eerstens, in Bybeltye het ’n nuwe dag in die aand met sononder begin en die volgende dag met sononder geëindig. ’n Dag het dus van aand tot aand gestrek.—Levitikus 23:32.

Tweedens, die Bybel gebruik nie die kalender wat ons vandag gebruik nie. In plaas daarvan om maande met name soos Maart en April te gebruik, praat die Bybel van maande soos Adar en Nisan (Ester 3:7). Die Jode se maande het van nuwemaan tot nuwemaan gestrek. Hulle het die Pasga gevier op die 14de dag van hulle kalender se eerste maand, Nisan (Levitikus 23:5; Numeri 28:16). Hierdie dag, 14 Nisan, was dieselfde dag waarop die Romeine ons Here Jesus Christus aan die paal gehang het. Hy het 1 545 jaar ná die eerste Pasgamaal gesterf. Wat ’n spesiale datum is 14 Nisan tog!

Maar watter datum op ons hedendaagse kalender kom met 14 Nisan ooreen? ’n Eenvoudige berekening help ons om by die regte datum uit te kom. Die eerste Nisan begin wanneer die nuwemaan naaste aan die lentenagewening (die begin van lente in die Noordelike Halfronde) teen sononder in Jerusalem sigbaar word. As ons 14 dae van hierdie gebeurtenis af tel, kom ons uit by 14 Nisan. Dit is gewoonlik volmaan op hierdie datum. Na aanleiding van hierdie Bybelse metode begin 14 Nisan vanjaar met sononder op Sondag 17 April 2011. a

Jehovah se Getuies tref dus voorbereidings om vanjaar te vergader saam met almal wat graag Jesus se dood wil herdenk. Hulle nooi jou hartlik uit om dit saam met hulle te herdenk. Tree asseblief in verbinding met Jehovah se Getuies in jou omgewing om uit te vind wanneer en waar hierdie vergadering gehou sal word. Hulle sal hierdie gebeurtenis nie in die oggend of in die middag herdenk nie, maar eerder in die aand ná sononder. Waarom? Want volgens die Bybel moet dit ’n “aandmaal” wees (1 Korintiërs 11:25). Die spesiale herdenking wat Jesus 1 978 jaar gelede ingestel het, sal op die aand van Sondag 17 April 2011 gehou word. Dit is ook die begin van dieselfde dag, 14 Nisan, waarop Jesus gesterf het. Watter beter dag kan daar wees om sy dood te herdenk?

Hoe om daarvoor voor te berei

Wat kan jy nou doen om voor te berei vir hierdie geleentheid, wat net een keer per jaar plaasvind? Een manier is om te peins oor wat Jesus vir ons gedoen het. Die boek Wat leer die Bybel werklik? b het miljoene gehelp om groter waardering vir die betekenis van Jesus se dood te hê.—Matteus 20:28.

Nog ’n manier waarop ons ons hart vir hierdie spesiale geleentheid kan voorberei, is om te lees oor die gebeure wat die laaste dag van Jesus se lewe hier op die aarde voorafgegaan het. Jy sal op die volgende bladsye ’n tabel vind. Die kolom aan die regterkant voorsien ’n lys parallelle Bybelverslae wat die gebeure voor Jesus se dood beskryf. In hierdie lys is daar ook verwysings na hoofstukke in die boek Die grootste mens wat nog geleef het c wat hierdie gebeure verduidelik.

Die kolom aan die linkerkant vergelyk die datums van hierdie gebeure met die dae wat vanjaar daarmee ooreenkom. Maak gerus tyd om ten minste ’n paar van die Skrifgedeeltes op elkeen van die dae voor die Here se Aandmaal te lees. Dit sal jou help om voor te berei vir die allerbelangrikste dag van die jaar.

[Voetnote]

a Hierdie datum kom dalk nie ooreen met die Pasga wat deur hedendaagse Jode gevier word nie. Waarom nie? Die meeste Jode van vandag vier die Pasga op 15 Nisan omdat hulle glo dat die bevel in Eksodus 12:6 na hierdie datum verwys. (Sien Die Wagtoring van 15 Februarie 1990, bladsy 14.) Maar Jesus het dit op 14 Nisan gevier in ooreenstemming met wat in die Mosaïese Wet uiteengesit word. Vir meer inligting oor hoe om hierdie datum te bereken, sien The Watchtower van 15 Junie 1977, bladsye 383-384.

b Uitgegee deur Jehovah se Getuies. Sien bladsye 47-56, 206-208. Jy kan hierdie publikasie lees op die webwerf www.watchtower.org.

c Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Lokteks op bladsy 22]

Herdenk Jesus se dood sondag 17 April 2011

Tabel/Prente op bladsye 23, 24]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

DIE LAASTE WEEK

2011 Dinsdag 12 April

Sabbat

Johannes 11:55-12:1

gt 101, par. 2-4 d

9 NISAN (begin met sononder)

In Bybeltye het die nuwe dag in die aand ná sononder begin en die volgende dag met sononder geëindig

Feesmaal met Simon die melaatse

Maria salf met nardus

Jode kom besoek Jesus en Lasarus

Matteus 26:6-13

Markus 14:3-9

Johannes 12:2-11

gt 101, par. 5-9

2011 Woensdag 13 April

▪ Triomfantlike intog in Jerusalem

Onderrig in die tempel

Matteus 21:1-11, 14-17

Markus 11:1-11

Lukas 19:29-44

Johannes 12:12-19

gt 102

10 NISAN (begin met sononder)

Oornag in Betanië

2011 Donderdag 14 April

▪ Vroeë reis na Jerusalem

▪ Reinig tempel

▪ Jehovah praat uit die hemel

Matteus 21:12, 13, 18, 19

Markus 11:12-19

Lukas 19:45-48

Johannes 12:20-50

gt 103, 104

11 NISAN (begin met sononder)

2011 Vrydag 15 April

▪ Onderrig by tempel deur middel van illustrasies

▪ Veroordeel Pharisee

▪ Merk weduwee se bydrae op

▪ Voorspel Jerusalem se val

▪ Gee teken van toekomstige teenwoordigheid

Matteus 21:19–25:46

Markus 11:20–13:37

Lukas 20:1–21:38

gt 105 to 112, par. 1

12 NISAN (begin met sononder)

2011 Saterdag 16 April

▪ Rustige dag saam met dissipels in Betanië

▪ Judas tref reëlings om Jesus te verraai

Matteus 26:1-5, 14-16

Markus 14:1, 2, 10, 11

Lukas 22:1-6

gt 112, par. 2-4

13 NISAN (begin met sononder)

2011 Sondag 17 April

▪ Petrus en Johannes tref voorbereidings vir Pasga

▪ Jesus en ander tien apostels kom laat die middag ook daar aan

Matteus 26:17-19

Markus 14:12-16

Lukas 22:7-13

□ Johannes13:1–17:26

gt 112, par. 5 tot 113 par. 1

14 NISAN (begin met sononder)

▪ Vier Pasga

▪ Was apostels se voete

▪ Stuur Judas weg

▪ Stel Herdenking van sy dood in

Matteus 26:20-35

Markus 14:17-31

Lukas 22:14-38

Johannes 13:1–17:26

gt 113, par. 2 tot aan die einde van 116

middernag

2011 Maandag 18 April

▪ Verraai en in hegtenis geneem in tuin van Getsemane

▪ Apostels vlug

▪ Verhoor deur Sanhedrin

▪ Petrus verloën Jesus

Matteus 26:36-75

Markus 14:32-72

Lukas 22:39-62

Johannes 18:1-27

gt 117 tot aan die einde van 120

▪ Verskyn weer voor Sanhedrin

▪ Geneem na Pilatus, dan na Herodus, toe weer na Pilatus

▪ Ter dood veroordeel en aan die paal gehang

▪ Sterf omtrent drieuur die middag

▪ Liggaam word verwyder en begrawe

Matteus 27:1-61

Markus 15:1-47

Lukas 22:63–23:56

Johannes 18:28–19:42

gt 121 to 127, par. 7

15 NISAN (begin met sononder)

▪ Sabbath

2011 Dinsdag 19 April

▪ Pilatus gee toestemming om wagte by Jesus se graf te pos

Matteus 27:62-66

gt 127, par. 8-9

16 NISAN (begin met sononder)

Markus 16:1

2011 Woensdag 20 April

▪ Word opgewek

▪ Verskyn aan dissipels

Matteus 28:1-15

Markus 16:2-8

Lukas 24:1-49

Johannes 20:1-25

gt 127, par. 10 tot 129, par. 10

[Voetnoot]

d Die nommers in hierdie lys verwys na hoofstukke in die boek Die grootste mens wat nog geleef het (gt).Vir ’n tabel met verwysings na Bybelgedeeltes wat meer inligting oor die laaste deel van Jesus se bediening bevat, sien “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”, bladsy 290, uitgegee deur Jehovah se Getuies.