Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat is God se voorneme met die aarde?

Wat is God se voorneme met die aarde?

Leer uit God se Woord

Wat is God se voorneme met die aarde?

Hierdie artikel opper vrae wat jy dalk al gevra het en toon waar jy die antwoorde in jou Bybel kan vind. Jehovah se Getuies sal graag hierdie antwoorde met jou bespreek.

1. Wat is God se voorneme met die aarde?

Die aarde is die mens se tuiste. Nadat God engele geskep het om in die hemel te woon, het hy die mens gemaak om die aarde te geniet (Job 38:4, 7). Jehovah het dus die eerste mens in ’n pragtige paradys, Eden, gevestig en hom en sy toekomstige nageslag die vooruitsig gegee om eindelose lewe op die aarde te geniet.—Genesis 2:15-17; lees Psalm 115:16.

Die tuin van Eden het slegs ’n klein deeltjie van die aarde beslaan. Die eerste mensepaar, Adam en Eva, moes kinders hê. Terwyl die mensdom vermeerder het, moes hulle die aarde bewerk en dit ’n paradys maak (Genesis 1:28). Die aarde sal nooit vernietig word nie.—Lees Psalm 104:5.

2. Waarom is die aarde nie nou ’n paradys nie?

Adam en Eva was ongehoorsaam aan God, en daarom is hulle uit Eden verdryf. Die Paradys is verloor, en geen mens kon daarin slaag om dit te herstel nie. Die Bybel sê: “Die aarde is in die hand van die goddelose gegee.”—Job 9:24; lees Genesis 3:23, 24.

Maar Jehovah het nie van sy oorspronklike voorneme met die mensdom vergeet nie, en God kan ook nooit misluk nie (Jesaja 45:18). Hy sal die mensdom herstel tot die toestand wat hy hom oorspronklik voorgeneem het.—Lees Psalm 37:11.

3. Hoe sal God vrede op die aarde herstel?

Voordat die mensdom vrede kan geniet, moet God eers goddelose mense verwyder. By die slag van Armageddon sal God se engele almal vernietig wat God teëstaan. Satan sal 1 000 jaar lank gevange gehou word, maar mense wat God liefhet, sal behoue bly en ’n nuwe stelsel van dinge op aarde geniet.—Lees Openbaring 16:14, 16; 20:1-3; 21:3, 4.

4. Wanneer sal lyding tot ’n einde kom?

Gedurende die 1 000 jaar sal Jesus vanuit die hemel oor die aarde regeer en dit tot ’n paradys herstel. Hy sal ook die sondes uitwis van diegene wat God liefhet. Jesus sal sodoende siekte, ouderdom en dood verwyder.—Lees Jesaja 11:9; 25:8; 33:24; 35:1.

Wanneer sal God boosheid op die aarde uitwis? Jesus het ’n “teken” gegee wat aandui wanneer die einde naby is. Huidige wêreldtoestande bedreig die mens se voortbestaan en toon dat ons nou tydens “die voleinding van die stelsel van dinge” lewe.—Lees Matteus 24:3, 7-14, 21, 22; 2 Timoteus 3:1-5.

5. Wie sal in die toekomstige Paradys lewe?

Jesus het sy volgelinge beveel om dissipels te maak en om God se weë van liefde aan hulle te leer (Matteus 28:19, 20). Wêreldwyd berei Jehovah miljoene mense voor vir lewe in ’n nuwe stelsel van dinge op aarde (Sefanja 2:3). By Koninkryksale van Jehovah se Getuies leer mense hoe om beter mans en vaders sowel as beter vrouens en moeders te wees. Kinders en ouers leer saam oor die grondslag vir geloof in ’n beter toekoms.—Lees Miga 4:1-4.

By die Koninkryksaal sal jy mense ontmoet wat God liefhet en wat wil leer om hom te behaag.—Lees Hebreërs 10:24, 25.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 3 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik? uitgegee deur Jehovah se Getuies.