Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Profesie 3. Siekte

Profesie 3. Siekte

Profesie 3. Siekte

“Mense sal . . . aan verskriklike siektes ly.”—LUKAS 21:11, Contemporary English Version.

● Bonzali, ’n gesondheidsbeampte in ’n Afrikaland wat deur burgeroorlog geteister word, doen wat hy kan om mynwerkers in sy dorp wat aan die Marburgvirus sterf, te behandel. * Sy versoeke om hulp aan beamptes in ’n groter stad het op dowe ore geval. Vier maande later daag hulp uiteindelik op, maar Bonzali is dood. Hy het Marburgsiekte gekry by die mynwerkers wat hy probeer red het.

WAT TOON DIE FEITE? Infeksies van die onderste lugweë (soos longontsteking), diarreale siektes, MIV/vigs, tering en malaria is onder die dodelikste siektes wat die mensdom teister. In ’n onlangse jaar het nagenoeg 10,7 miljoen mense aan hierdie vyf soorte siektes gesterf. Anders gestel, ongeveer een persoon het elke drie sekondes van daardie jaar aan een van dié siektes gesterf.

WAT IS ’N ALGEMENE BESWAAR? Die wêreldbevolking neem voortdurend toe en daarom is daar natuurlik meer gevalle van siekte. Daar is meer mense wat kan siek word.

IS DIT ’N GELDIGE BESWAAR? Die wêreldbevolking het drasties toegeneem. Maar so ook die mens se vermoë om siektes te diagnoseer, te beheer en te behandel. Moet siekte dan nie logieserwys sy houvas op die mensdom verloor nie? En tog gebeur net die teenoorgestelde.

WAT DINK JY? Ly mense aan verskriklike siektes, soos die Bybel voorspel het?

Aardbewings, hongersnood en siekte is onpersoonlike kragte wat verwoesting aanrig onder miljoene mense. Miljoene ander ly deur die toedoen van hulle medemens—baie is slagoffers van diegene wat veronderstel is om hulle te beskerm. Kyk wat volgens Bybelprofesie sou gebeur.

[Voetnoot]

^ par. 3 Marburg- hemorragiese koors word veroorsaak deur ’n virus wat verwant is aan Ebola.

[Lokteks op bladsy 6]

“Dit is iets verskrikliks om deur ’n leeu of iets anders opgevreet te word, maar dit is net so erg om van binne deur die een of ander vreeslike kiem opgevreet te word en om te sien dat dit oral om jou gebeur.”—EPIDEMIOLOOG MICHAEL OSTERHOLM.

[Foto-erkenning op bladsy 6]

© William Daniels/Panos Pictures