Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Profesie 5. Verderwing van die aarde

Profesie 5. Verderwing van die aarde

Profesie 5. Verderwing van die aarde

‘God sal die verderwers van die aarde verderf.’—OPENBARING 11:18.

● Mnr. Pirri werk as ’n palmwyntapper in Kpor, Nigerië. ’n Ontsaglike oliestorting in die Nigerdelta het ’n verwoestende uitwerking op sy werk gehad. “Dit maak ons visse dood, beskadig ons vel, besoedel ons riviere”, sê hy. “Ek kan nie meer ’n bestaan maak nie.”

WAT TOON DIE FEITE? Volgens party deskundiges beland daar elke jaar 6,5 miljoen ton rommel in die wêreld se oseane. Nagenoeg 50 persent van daardie rommel is plastiek, wat honderde jare lank sal ronddryf voordat dit afbreek. Buiten dat mense die aarde besoedel, put hulle ook sy natuurlike hulpbronne teen ’n kommerwekkende tempo uit. Studies toon dat dit die aarde een jaar en vyf maande neem om te vervang wat mense in ’n jaar verbruik. “As bevolkings- en verbruikstendense so voortgaan, sal ons teen 2035 die ekwivalent van twee Aardes nodig hê”, berig die Australiese koerant Sydney Morning Herald.

WAT IS ’N ALGEMENE BESWAAR? Mense is vindingryk. Ons kan die gevolge van hierdie probleme ongedaan maak en die aarde red.

IS DIT ’N GELDIGE BESWAAR? Talle hardwerkende individue en groepe het bewustheid van omgewingskwessies vergroot. Maar die aarde word nog steeds op groot skaal besoedel.

WAT DINK JY? Moet God tussenbeide tree en ons planeet van verderf red—net soos hy belowe het?

Buiten die vyf profesieë wat ons so pas bespreek het, voorspel die Bybel ook positiewe verwikkelinge vir die laaste dae. Kyk na een voorbeeld in die sesde profesie.

[Lokteks op bladsy 8]

“Dit voel vir my of ek nie meer ’n stukkie paradys besit nie, maar eerder ’n stortingsterrein vir toksiese afval.”—ERIN TAMBER, ’N INWONER VAN DIE GOLFKUS, VERENIGDE STATE, IN VERBAND MET DIE GEVOLGE VAN DIE OLIESTORTING IN 2010 IN DIE GOLF VAN MEXIKO.

[Venster op bladsy 8]

Is God verantwoordelik?

Beteken die feit dat die Bybel die slegte toestande van vandag voorspel het dat God daarvoor verantwoordelik is? Veroorsaak hy ons lyding? Jy kan bevredigende antwoorde op hierdie vrae vind in hoofstuk 11 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Foto-erkenning op bladsy 8]

U.S. Coast Guard photo