Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Jehovah is my Herder”

“Jehovah is my Herder”

Kom nader aan God

“Jehovah is my Herder”

KYK na die prentjie op hierdie bladsy. Kan jy jou voorstel hoe veilig hierdie lammetjie in die boesem van sy herder voel? In Psalm 23 gebruik die Bybel die beeld van ’n herder en sy skape om die teerheid toe te lig waarmee Jehovah vir sy aanbidders sorg. Hy wil hê dat ons die gevoel van veiligheid moet ondervind wat aan diegene behoort wat, soos die psalmis Dawid, met vertroue kan sê: “Jehovah is my Herder.” *Vers 1.

Die skrywer van hierdie psalm, Dawid, was ’n herder toe hy jonk was. Hy het geweet wat skape nodig het en was vertroud met die verantwoordelikhede van ’n herder. Dawid, wat God se sorg in sy lewe ondervind het, het ’n sogenoemde “psalm van sekerheid of vertroue” geskryf. God se naam, Jehovah, verskyn aan die begin en aan die einde van die psalm (verse 16). Die woorde tussenin beskryf drie maniere waarop Jehovah vir sy volk sorg soos ’n herder vir sy skape sorg.—Psalm 100:3.

Jehovah lei sy skape. Skape verdwaal maklik sonder hulle herder. Ons het eweneens hulp nodig om die regte weg in die lewe te vind (Jeremia 10:23). Dawid verduidelik dat Jehovah sy volk na “grasryke weivelde” en “waterryke rusplekke” lei. Hy lei hulle “in die spore van regverdigheid” (verse 23). Hierdie beelde uit die herderslewe verseker ons dat ons op God kan vertrou. As ons ag slaan op die leiding van sy gees soos dit in die Bybel geopenbaar word, kan ons ’n lewensweg volg wat tevredenheid, verkwikking en veiligheid meebring.

Jehovah beskerm sy skape. Sonder hulle herder is skape bang en hulpeloos. Jehovah sê vir sy volk dat hulle nie hoef bang te wees nie, nie eens wanneer hulle “wandel . . . in die vallei van diep skaduwee” nie—gedurende wat dalk soos die donkerste oomblikke in die lewe lyk (vers 4). Jehovah beskerm hulle en is altyd gereed om hulle te help. Hy kan sy aanbidders die wysheid en krag gee wat hulle nodig het om beproewinge die hoof te bied.—Filippense 4:13; Jakobus 1:2-5.

Jehovah voed sy skape. Skape is afhanklik van hulle herder om vir hulle kos te vind. Ons het ’n geestelike behoefte wat slegs met God se hulp bevredig kan word (Matteus 5:3). Gelukkig is Jehovah ’n vrygewige Voorsiener wat ’n oorvloedige tafel voor sy knegte berei (vers 5). Die Bybel en Bybelstudiehulpe, soos die tydskrif wat jy nou lees, is ’n bron van geestelike voedsel wat ons behoefte bevredig om te weet wat die sin van die lewe en God se voorneme vir ons is.

Dawid het veilig gevoel omdat hy geweet het dat hy “al die dae van [sy] lewe” Jehovah se liefdevolle sorg sou ondervind as hy na aan sy hemelse Herder bly (vers 6). Smag jy na hierdie gevoel van veiligheid? Indien wel, moet jy leer hoe jy na aan Jehovah kan kom. Dan sal jy veilig voel in die arms van die Groot Herder, wat diegene lei, beskerm en voed wat aan hom lojaal bly.—Jesaja 40:11.

Voorgestelde Bybelleesgedeelte vir Mei:

Job 38Psalm 25

[Voetnoot]

^ par. 1 Baie lesers is vertroud met die vertaling “Die HERE is my Herder”. Om uit te vind waarom party Bybelvertalings God se naam, Jehovah, weglaat, sien bladsye 195-197 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.