Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoe kan jy nader aan God kom?

Hoe kan jy nader aan God kom?

Leer uit God se Woord

Hoe kan jy nader aan God kom?

Hierdie artikel opper vrae wat jy dalk al gevra het en toon waar jy die antwoorde in jou Bybel kan vind. Jehovah se Getuies sal graag hierdie antwoorde met jou bespreek.

1. Luister God na alle gebede?

Jehovah nooi mense van alle nasies om nader aan hom te kom in gebed (Psalm 65:2). Maar hy luister nie na alle gebede nie. Byvoorbeeld, toe die Israeliete aangehou het om slegte dinge te doen, het God geweier om na hulle gebede te luister (Jesaja 1:15). Die gebede van ’n man wat sy vrou mishandel, kan ook verhinder word (1 Petrus 3:7). Tog sal God selfs na ernstige sondaars luister as hulle berou toon.—Lees 2 Kronieke 33:9-13.

2. Hoe moet ons bid?

Gebed is ’n voorreg en is deel van ons aanbidding, dus moet ons net tot Jehovah bid (Matteus 4:10; 6:9). Aangesien ons onvolmaak is, moet ons in die naam van Jesus bid omdat hy die aangewese “weg” is (Johannes 14:6). Jehovah wil nie hê dat ons gememoriseerde of geskrewe gebede moet herhaal nie, maar dat ons uit die hart moet bid.—Lees Matteus 6:7; Filippense 4:6, 7.

Ons Skepper kan selfs stille gebede hoor (1 Samuel 1:12, 13). Hy nooi ons om by elke geleentheid te bid, soos aan die begin en einde van die dag, by maaltye en wanneer ons voor probleme te staan kom.—Lees Psalm 55:22; Matteus 15:36.

3. Waarom kom Christene bymekaar?

Dit is nie maklik om nader aan God te kom nie, want ons is omring deur mense wat ’n gebrek aan geloof in God het en wat sy belofte van vrede op aarde bespot (2 Timoteus 3:1, 4; 2 Petrus 3:3, 13). Daarom het ons aanmoedigende assosiasie met medegelowiges nodig.—Lees Hebreërs 10:24, 25.

Jy kan nader aan God kom as jy vriende maak met mense wat lief is vir God. Die vergaderinge van Jehovah se Getuies bied ons die geleentheid om by ander se geloof baat te vind.—Lees Romeine 1:11, 12.

4. Hoe kan jy nader aan God kom?

Jy kan nader aan Jehovah kom deur te peins oor wat jy uit sy Woord geleer het. Dink na oor sy bedrywighede, sy riglyne en sy beloftes. Biddende bepeinsing lei tot hartgrondige waardering vir God se liefde en wysheid.—Lees Josua 1:8; Psalm 1:1-3.

Dit is slegs moontlik om na aan God te kom as jy op hom vertrou, as jy geloof in hom stel. Maar geloof is soos ’n lewende ding wat versorg moet word. Jy moet jou geloof voortdurend voed deur na te dink oor die grondslag van jou oortuigings.—Lees 1 Tessalonisense 5:21; Hebreërs 11:1, 6.

5. Hoe sal dit jou tot voordeel strek as jy nader aan God kom?

Jehovah gee om vir diegene wat hom liefhet. Hy beskerm hulle teen enigiets wat hulle geloof en hulle hoop op die ewige lewe in gevaar kan stel (Psalm 91:1, 2, 7-10). Hy waarsku ons teen lewenswyses wat ’n gevaar vir ons gesondheid en geluk kan inhou. Jehovah leer ons wat die beste lewenswyse is.—Lees Psalm 73:27, 28; Jakobus 4:4, 8.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 17 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik? uitgegee deur Jehovah se Getuies.