Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

1 God is ’n verborgenheid—Is dit waar?

1 God is ’n verborgenheid—Is dit waar?

1 God is ’n verborgenheid—Is dit waar?

Wat jy dalk al gehoor het: “God se weë is ’n verborgenheid.”

Verskillende godsdienste leer dat God ’n onbegryplike, onverklaarbare drie-eenheid is.

Wat die Bybel leer: Jesus het gesê dat diegene wat “kennis inneem van . . . die enigste ware God”, seëninge sou ontvang (Johannes 17:3). Maar hoe kan ons kennis inneem van God as hy ’n verborgenheid is? Dit is glad nie waar dat hy hom verberg nie, maar hy wil hê dat almal hom moet ken.—Jeremia 31:34.

Ons sal natuurlik nooit alles omtrent God weet nie. Dit is te verwagte, want sy gedagtes en weë is hoër as ons s’n.—Prediker 3:11; Jesaja 55:8, 9.

Hoe kennis van die waarheid jou tot voordeel strek: Waarom moet ’n mens dan eens probeer om God te leer ken as hy ’n onbegryplike verborgenheid is? Tog stel hy ons nie net in staat om hom te verstaan nie, maar ook om ’n hegte vriendskap met hom op te bou. God het die getroue man Abraham “my vriend” genoem en koning Dawid van Israel het geskryf: “Intimiteit met Jehovah behoort aan dié wat hom vrees.”—Jesaja 41:8; Psalm 25:14.

Klink die idee om ’n intieme vriendskap met God te hê, vergesog? Miskien, maar let op wat Handelinge 17:27 sê: ‘God is nie ver van elkeen van ons af nie.’ In watter opsig? Deur middel van die Bybel voorsien God wat ons nodig het om hom goed te ken. a

Hy maak sy naam, Jehovah, aan ons bekend (Jesaja 42:8). Hy het sy handelinge met die mens laat opteken sodat ons die Persoon agter die naam kan ken. Wat meer is, God openbaar sy gevoelens aan ons. Hy is “’n barmhartige en genadige God, wat nie gou toornig word nie en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waarheid” (Eksodus 34:6). Ons dade kan ’n uitwerking op sy gevoelens hê. Byvoorbeeld, die eertydse nasie Israel het hom “gekrenk” toe hulle teen hom in opstand gekom het, terwyl diegene wat wyslik aan hom gehoorsaam is, hom verbly.—Psalm 78:40; Spreuke 27:11.

[Voetnoot]

a Vir meer inligting oor wat die Bybel oor God sê, sien hoofstuk 1 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Lokteks op bladsy 4]

Hoe kan ons God werklik leer ken as hy ’n geheimsinnige drie-eenheid is?

[Foto-erkenning op bladsy 4]

The Trinity c.1500, Flemish School, (16th century)/H. Shickman Gallery, New York, USA/The Bridgeman Art Library International