Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

3 God is wraaksugtig—Is dit waar?

3 God is wraaksugtig—Is dit waar?

3 God is wraaksugtig—Is dit waar?

Wat jy dalk al gehoor het: “God hou boek van elke sonde en straf mense met ewige pyniging in ’n helse vuur.”

“God straf sondaars met natuurrampe.”

Wat die Bybel leer: Tweede Petrus 3:9 sê dat Jehovah “nie wil hê dat enigeen vernietig moet word nie, maar wil hê dat almal tot berou moet kom”. Hy konsentreer nie op ons tekortkominge nie, maar eerder op ons goeie punte. God se “oë deurloop die hele aarde om sy krag te toon ten behoewe van dié wie se hart volkome teenoor hom is”.—2 Kronieke 16:9.

Die helse vuur is nie ’n Bybellering nie—die blote idee van ewige pyniging is vir God afstootlik. Die maksimum straf wat hy die goddeloses oplê, is om hulle hulle lewe te ontneem (Jeremia 7:31; Romeine 6:7). En natuurrampe, wat sonder onderskeid vernietig, is nie dade van God nie, maar eerder onvoorsiene gebeurtenisse wat enigiemand kan raak.—Prediker 9:11.

Hoe kennis van die waarheid jou tot voordeel strek: Ons kan nader aan God kom wanneer ons besef dat hy “vergewensgesind” is en nie gou is om te veroordeel nie (Psalm 86:5). Ons hoef God nie weens skuldgevoelens of uit ’n morbiede vrees vir straf te dien nie. Ons kan ons geloof eerder opbou met die beste motief—liefde vir Jehovah. Hierdie liefde dien as ’n positiewe krag wat ons beweeg om ons bes te doen om hom te behaag.—Matteus 22:36-38; 1 Johannes 5:3.

Hoewel God wil hê dat almal hulle daartoe moet wend om goed te doen, weet hy dat baie dit nooit sal doen nie. As hy nooit teen diegene optree wat daarop uit is om slegte dinge te doen nie, sal hy net soos ’n heerser wees wat wette maak sonder om dit toe te pas en wat toelaat dat ongeregtigheid en lyding vir onbepaalde tyd voortduur (Prediker 8:11). Die wete dat God goddeloosheid nie vir ewig sal duld nie, gee ons ’n vaste hoop vir die toekoms. God het belowe om verstokte boosdoeners te verwyder, sodat “die sagmoediges” ewige lewe op die aarde kan geniet soos hy oorspronklik in gedagte gehad het.—Psalm 37:10, 11, 29. a

[Voetnoot]

a Om meer uit te vind oor hoe God die aarde in ’n paradys sal omskep, sien hoofstukke 3 en 8 van die boek Wat leer die Bybel werklik?

[Lokteks op bladsy 6]

Sou God wou hê dat ons hom uit vrees vir straf moet aanbid?

[Foto-erkenning op bladsy 6]

Engravings by Doré