Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

4 God is onregverdig—Is dit waar?

4 God is onregverdig—Is dit waar?

4 God is onregverdig—Is dit waar?

Wat jy dalk al gehoor het: “God is in beheer van hierdie wêreld, en alles wat gebeur, is sy wil. Aangesien diskriminasie, ongeregtigheid en onderdrukking aan die orde van die dag is, moet God daarvoor verantwoordelik wees.”

Wat die Bybel leer: God is nie die oorsaak van die ongeregtigheid in die wêreld nie. Die Bybel beskryf Jehovah soos volg: “Volmaak is sy werk, want al sy weë is geregtigheid.”—Deuteronomium 32:4.

God is vrygewig teenoor almal, met inbegrip van diegene wat dit blykbaar nie verdien nie. Byvoorbeeld, ‘hy laat sy son opgaan oor goddeloses en goeies en laat dit reën op regverdiges en onregverdiges’ (Matteus 5:45). Hy behandel mense van alle rasse en kulture regverdig, soos Handelinge 10:34, 35 toon: “God [is] nie partydig . . . nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen, vir hom aanneemlik.”

Wat is dan die oorsaak van ongeregtigheid? Baie mense kies om onregverdig op te tree en volg nie God se voorbeeld van geregtigheid na nie (Deuteronomium 32:5). Die Bybel toon ook dat God sy vyand, die Duiwel, toelaat om gesag oor die wêreld uit te oefen (1 Johannes 5:19). a Maar God sal hierdie onregverdige heerskappy nie veel langer duld nie. Hy het reeds die middel voorsien waardeur hy “die werke van die Duiwel [sal] verbreek”.—1 Johannes 3:8.

Hoe kennis van die waarheid jou tot voordeel strek: Dit is dalk moeilik om te verstaan waarom daar skynbaar eindelose berigte van korrupsie, onderdrukking en ongeregtigheid is. As jy weet wat die oorsaak van die moeilikhede is, help dit jou om te verstaan waarom toestande so sleg is en waarom die mens se beste pogings om die wêreld ’n beter plek te maak, deurgaans misluk (Psalm 146:3). Eerder as om tyd en energie daaraan te wy om veranderinge teweeg te bring wat hoogstens tydelik sal wees, kan jy ’n vaste hoop vir die toekoms hê wat op vertroue in God se beloftes gebaseer is.—Openbaring 21:3, 4.

As ons die ware oorsaak van ongeregtigheid verstaan, kan dit ons baie help wanneer ons persoonlik ontberinge ondervind. Wanneer ons onregverdig behandel word, roep ons dalk uit soos God se kneg Habakuk: ‘Die wet verloor sy krag, en die reg kom nooit te voorskyn nie’ (Habakuk 1:4). God het Habakuk nie berispe omdat hy dit gesê het nie. God het Sy kneg eerder verseker dat Hy ’n tyd vasgestel het om sake reg te stel en Habakuk gehelp om vreugde te vind ten spyte van moeilikheid (Habakuk 2:2-4; 3:17, 18). As jy vertroue stel in God se belofte om ongeregtigheid reg te stel, kan dit jou ook help om kalmte en gemoedsrus in ’n onregverdige wêreld te vind.

[Voetnoot]

a Om uit te vind hoe die Duiwel in aansyn gekom het, sien hoofstuk 3 van die boek Wat leer die Bybel werklik?

[Lokteks op bladsy 7]

Is God werklik verantwoordelik vir lyding en ongeregtigheid?

[Foto-erkenning op bladsy 7]

© Sven Torfinn/Panos Pictures