Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

5 God aanvaar almal wat hom in opregtheid aanbid—Is dit waar?

5 God aanvaar almal wat hom in opregtheid aanbid—Is dit waar?

5 God aanvaar almal wat hom in opregtheid aanbid—Is dit waar?

Wat jy dalk al gehoor het: “Net soos daar baie paaie is wat na dieselfde bestemming lei, is daar ook baie weë wat na God lei. Elkeen moet sy eie weg na God vind.”

Wat die Bybel leer: Ons moet opreg wees in ons aanbidding en geveinsdheid en huigelagtigheid vermy. Jesus het vir die godsdiensleiers van sy dag gesê waarom God hulle verwerp het: “Jesaja het gepas oor julle, huigelaars, geprofeteer, soos daar geskrywe staan: ‘Hierdie volk eer my met hulle lippe, maar hulle hart is ver van my verwyderd’” (Markus 7:6). Maar opregtheid alleen verseker nie dat God ons aanbidding sal aanvaar nie.

Jesus het dit duidelik gemaak deur die grootste tekortkoming in die aanbidding van daardie godsdiensleiers en hulle volgelinge bloot te lê. Hy het God se woorde op hulle toegepas: “Tevergeefs bly hulle my aanbid, want hulle leer gebooie van mense as leerstellings” (Markus 7:7). Hulle aanbidding was “tevergeefs” omdat hulle hulle godsdienstradisies bo God se vereistes gestel het.

Die Bybel ondersteun nie die gedagte dat daar baie aanvaarbare maniere is om God te nader nie, maar leer eerder dat daar net een is. Matteus 7:13, 14 sê: “Gaan in deur die nou poort; want breed en wyd is die pad wat na die vernietiging lei, en dié wat daardeur ingaan, is baie; maar nou is die poort en smal is die pad wat na die lewe lei, en dié wat dit vind, is min.”

Hoe kennis van die waarheid jou tot voordeel strek: Stel jou voor hoe jy sou voel as jy maande lank vir ’n maraton geoefen het en jy die eerste een oor die wenstreep was, maar toe gediskwalifiseer is omdat jy onwetend een van die reëls oortree het. Jy sal dalk voel dat al jou pogings tevergeefs was. Kan iets soortgelyks met ons aanbidding van God gebeur?

Die apostel Paulus het ons aanbidding met ’n atletiekkompetisie vergelyk en geskryf: “As iemand ook in die spele meeding, word hy nie gekroon tensy hy volgens die reëls meegeding het nie” (2 Timoteus 2:5). Ons verkry God se goedkeuring deur hom “volgens die reëls” te aanbid, met ander woorde op die manier wat hy goedkeur. Ons kan nie ons eie pad na God kies nie, net so min as wat ’n hardloper kan hardloop net waar hy wil en nog steeds kan verwag om as die wenner van die wedloop verklaar te word.

Om God te behaag, moet ons ons aanbidding vry hou van leuens oor hom. Jesus het gesê: “Die ware aanbidders [sal] die Vader met gees en waarheid . . . aanbid” (Johannes 4:23). Ons leer wat die ware weg na God is uit sy Woord, die Bybel.—Johannes 17:17. a

[Voetnoot]

a Vir meer inligting oor die aanbidding wat God se goedkeuring wegdra, sien hoofstuk 15 van die boek Wat leer die Bybel werklik?

[Lokteks op bladsy 8]

Leer alle godsdienste mense om God te aanbid op die manier wat hy goedkeur?