Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoe kan jou gesin gelukkig wees?

Hoe kan jou gesin gelukkig wees?

Leer uit God se Woord

Hoe kan jou gesin gelukkig wees?

Hierdie artikel opper vrae wat jy dalk al gevra het en toon waar jy die antwoorde in jou Bybel kan vind. Jehovah se Getuies sal graag hierdie antwoorde met jou bespreek.

1. Waarom is die huwelik noodsaaklik vir gesinsgeluk?

Jehovah, die gelukkige God, het die huwelik ingestel. Dit is noodsaaklik vir gesinsgeluk, want dit voorsien nie net kameraadskap nie, maar ook ’n veilige omgewing waarin kinders grootgemaak kan word. Hoe beskou God die huwelik? Hy wil hê dat dit ’n permanente, wetlik geregistreerde verbintenis tussen ’n man en ’n vrou moet wees (Lukas 2:1-5). God wil hê dat die man en vrou lojaal aan mekaar moet wees (Hebreërs 13:4). Jehovah laat Christene slegs toe om te skei en weer te trou as hulle huweliksmaat egbreuk pleeg.—Lees Matteus 19:3-6, 9.

2. Hoe moet ’n man en vrou mekaar behandel?

Jehovah het die man en vrou gemaak om aanvullende rolle in die huwelik te vervul (Genesis 2:18). As die gesinshoof is dit hoofsaaklik die man se verantwoordelikheid om materieel vir sy gesin te sorg en hulle van God te leer. Hy moet selfopofferende liefde aan sy vrou betoon. Die man en vrou moet mekaar liefhê en respekteer. Aangesien alle mans en vrouens onvolmaak is, is dit ’n sleutel tot huweliksgeluk om te leer om te vergewe.—Lees Efesiërs 4:31, 32; 5:22-25, 33; 1 Petrus 3:7.

3. Moet jy ’n ongelukkige huwelik beëindig?

As jy en jou huweliksmaat probleme ondervind, moet julle daaraan werk om mekaar met liefde te behandel (1 Korintiërs 13:4, 5). God se Woord beveel nie aan dat egpare uitmekaargaan as ’n oplossing vir huweliksprobleme nie. Maar in uiterste situasies sal ’n Christen moet besluit of dit raadsaam is om uitmekaar te gaan of nie.—Lees 1 Korintiërs 7:10-13.

4. Kinders, wat wil God vir julle hê?

Jehovah wil hê dat julle gelukkig moet wees. Hy gee julle die beste raad oor hoe om julle jeug te geniet. Hy wil hê dat julle by die wysheid en kennis van julle ouers moet baat vind (Kolossense 3:20). Jehovah waardeer enigiets wat julle doen om hom te loof.—Lees Prediker 11:9–12:1; Matteus 19:13-15; 21:15, 16.

5. Ouers, hoe kan julle kinders geluk vind?

Julle moet hard werk om julle kinders van kos, huisvesting en klere te voorsien (1 Timoteus 5:8). Maar as julle wil hê dat julle kinders gelukkig moet wees, moet julle hulle ook leer om God lief te hê en by hom te leer (Efesiërs 6:4). Die voorbeeld wat julle daarin stel om liefde vir God te toon, kan ’n groot invloed op julle kind se hart hê. Wanneer julle onderrigting op God se Woord gebaseer is, kan dit ’n positiewe uitwerking op julle kind se denke hê.—Lees Deuteronomium 6:4-7; Spreuke 22:6.

Kinders vind daarby baat wanneer julle hulle aanmoedig en prys. Hulle het ook teregwysing en dissipline nodig. Sulke opleiding beskerm hulle teen gedrag wat hulle van geluk kan beroof (Spreuke 22:15). Maar dissipline moet nooit op ’n hardvogtige of wrede manier uitgeoefen word nie.—Lees Kolossense 3:21.

Jehovah se Getuies gee verskeie boeke uit wat spesifiek geskryf is om ouers en kinders te help. Hierdie boeke is op die Bybel gebaseer.—Lees Psalm 19:7, 11.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 14 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik? uitgegee deur Jehovah se Getuies.