Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Op soek na antwoorde

Op soek na antwoorde

Op soek na antwoorde

“Byna almal het ’n teorie oor wie [Jesus] is. Ongeag hoe sterk ons geloof of hoe skepties ons is, ons almal vra die vraag: ‘Wie is hierdie man?’”—SKRYWER STAN GUTHRIE.

MENSE is nuuskierig oor Jesus. Boeke oor hom het topverkopers geword. Rolprente oor hom het groot lokettreffers geword. Maar mense het nog steeds vrae oor Jesus. Daar is uiteenlopende menings oor wie Jesus werklik was.

’n Paar jaar gelede het twee joernaliste mense genooi om die vraag “Wie was Jesus?” aanlyn te beantwoord. Van die antwoorde was:

● “Blykbaar was hy ’n rabbi (onderrigter) wie se lewe ’n voorbeeld van medelye was.”

● “Hy was ’n gewone mens wat ’n buitengewone lewe gelei het.”

● “Daar is geen bewyse dat Jesus bestaan het nie.”

● “Jesus is die Seun van God wat gebore is, gesterf het en uit die dode opgestaan het om ons van ons sondes te verlos. Hy lewe vandag, en Hy sal weer na die aarde toe kom.”

● “Ek glo dat Jesus Christus die enigste seun van God is, dat hy in alle opsigte en tegelykertyd menslik en goddelik is.”

● “Jesus is ’n sprokiesverhaal vir grootmense met ’n kinderlike geloof.”

Dit is duidelik dat sulke uiteenlopende beskouings nie almal reg kan wees nie. Is daar ’n gesaghebbende bron van inligting wat ons betroubare antwoorde op ons vrae oor Jesus kan gee? Die uitgewers van hierdie tydskrif glo dat die Bybel die Woord van God is en dat dit alleen vir ons die volle waarheid omtrent Jesus vertel. *2 Timoteus 3:16.

In die volgende artikel sal ons die Bybel se antwoorde op ’n paar algemene vrae oor Jesus bespreek. Hy het self gesê dat redding moontlik is vir “elkeen wat geloof in hom beoefen” (Johannes 3:16). Ons nooi jou om die antwoorde te ondersoek en dan self te besluit of jy meer oor Jesus moet leer en oor hoe om geloof in hom te beoefen.

[Voetnoot]

^ par. 11 Vir meer inligting, sien hoofstuk 2, “Die Bybel—’n Boek wat van God kom”, in die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.