Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Watter uitwerking het Christelike leringe op gemeenskappe?

Watter uitwerking het Christelike leringe op gemeenskappe?

Watter uitwerking het Christelike leringe op gemeenskappe?

DIE vorige artikels het bespreek waarom ware Christene nie aan die politiek deelneem nie. Maar hoe kan Christene toon dat hulle daarin belangstel om die gemeenskap waarin hulle woon, te verbeter? Een manier is deur Jesus se opdrag te gehoorsaam: “Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies, en doop hulle in die naam van die Vader en van die Seun en van die heilige gees, en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.”—Matteus 28:19, 20.

Daar is ’n verband tussen gehoorsaamheid aan Jesus se opdrag om ‘dissipels te maak’ en gehoorsaamheid aan sy instruksie om soos sout en die lig van die wêreld te wees (Matteus 5:13, 14). Wat is die verband? En watter uitwerking kan hierdie werk op mense hê?

Christus se boodskap—Preserveer en verlig

Sout is ’n preserveermiddel; dit kan verhoed dat iets bederf. So ook het die boodskap wat Jesus sy volgelinge gegee het om aan mense van alle nasies te verkondig ’n preserverende uitwerking. Diegene wat Jesus se leringe aanvaar en toepas, word beskerm teen die sedelike verval wat vandag so algemeen is. Hoe? Hulle leer hoe om gebruike te vermy wat hulle gesondheid benadeel, soos om te rook, en hulle kweek eienskappe aan soos liefde, vrede, lankmoedigheid, goedhartigheid en goedheid (Galasiërs 5:22, 23). Hierdie eienskappe maak hulle ’n aanwins vir die gemeenskap. Christene wat hierdie preserverende boodskap aan hulle bure meedeel, lewer ’n waardevolle bydrae tot hulle gemeenskap.

Hoe hou Jesus se instruksie verband met lig? Net soos die maan die lig van die son weerkaats, so ook weerkaats Christus se volgelinge die “lig” van Jehovah God. Hulle weerkaats hierdie lig deur middel van die verligtende boodskap wat hulle verkondig en die goeie werke wat hulle doen.—1 Petrus 2:12.

Jesus het verder uitgebrei op die ooreenkoms tussen ’n lig en ’n dissipel en gesê: “Mense steek ’n lamp op en sit dit nie onder die maatemmer nie, maar op die lampstaander, en dit skyn op almal in die huis. Laat julle lig net so voor die mense skyn.” ’n Lamp wat op ’n lampstaander gesit is, is vir almal in die omgewing duidelik sigbaar. So ook moet die predikingswerk en die ander goeie werke wat ware Christene verrig, vir almal duidelik sigbaar wees. Waarom? Jesus het gesê dat diegene wat hulle goeie werke sien, heerlikheid sal gee, nie aan die Christene nie, maar aan God.—Matteus 5:14-16.

’n Gesamentlike verantwoordelikheid

Toe Jesus gesê het: “Julle is die lig van die wêreld” en ‘laat julle lig skyn’, het hy met al sy dissipels gepraat. Jesus se opdrag kan nie deur ’n paar mense volbring word wat onder verskillende godsdienste versprei is nie. Alle gelowiges is eerder “die lig”. Sewemiljoen Getuies van Jehovah, wat in meer as 235 lande woon, glo dat dit hulle gesamentlike verantwoordelikheid is om hulle bure te besoek om die boodskap wat Christus wil hê sy volgelinge moet verkondig, aan hulle mee te deel.

Wat is die tema van die boodskap wat Jehovah se Getuies verkondig? Toe Jesus sy volgelinge die opdrag gegee het om te preek, het hy hulle nie beveel om maatskaplike of politieke hervormings, die eenheid van Kerk en Staat of enige ander sekulêre ideologie te verkondig nie. Hy het eerder voorspel: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies” (Matteus 24:14). Uit gehoorsaamheid aan Jesus se instruksies hou ware Christene dus aan om met hulle bure te praat oor God se Koninkryk—die enigste regering wat Satan se bose stelsel uit die weg kan ruim en ’n regverdige nuwe wêreld tot stand kan bring.

Trouens, wanneer ons die Evangelieverslae lees, is daar twee vername kenmerke van Jesus se bediening wat die bedrywighede van hedendaagse Christene beïnvloed. Albei word in die volgende artikel bespreek.

[Lokteks op bladsy 8]

In watter opsig is die Christelike boodskap soos sout?

[Lokteks op bladsy 9]

In watter opsigte is Christus se boodskap soos ’n lamp in ’n donker plek?