Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Het jy geweet?

Het jy geweet?

Het jy geweet?

Waarom het die Jode soveel in hulle geslagsregisters belanggestel?

Geslagsregisters was noodsaaklik om stam- en familieverhoudings vas te stel. Dit was ook nodig wanneer grond verdeel en erfenisse bepaal is. Van besondere belang was die geslagslyn van die beloofde Messias. Die Jode het alte goed geweet dat hierdie Een uit die geslagslyn van Dawid van die stam Juda moet kom.—Johannes 7:42.

En “aangesien die amp van priester en Leviet van geslag tot geslag oorgedra is, . . . was dit uiters belangrik dat die geslagslyn suiwer gehou word”, sê die geleerde Joachim Jeremias. Israelitiese vroue wat in priesterlike families ingetrou het, moes hulle geslagsregisters voorlê sodat die priesterdom “onbesmet en suiwer” sou bly. In Nehemia se dag is hele families onder die Leviete gediskwalifiseer toe hulle “hulle register gesoek het om hulle afstamming in die openbaar te bewys, en dit . . . nie gevind [is] nie”.—Nehemia 7:61-65.

Daarbenewens het die Mosaïese Wet bepaal dat “geen buite-egtelike seun” of enige “Ammoniet of Moabiet . . . in die gemeente van Jehovah [mag] kom nie” (Deuteronomium 23:2, 3). Om hierdie rede sê Jeremias verder: “Suiwer afstamming moes bewys word voordat ’n man enige burgerreg kon uitoefen, en hierdie feit bevestig ons gevolgtrekking dat . . . selfs eenvoudige Israeliete geweet het wie hulle naaste voorouers was en kon sê aan watter van die twaalf stamme hulle behoort.”

Hoe het die Jode hulle geslagsregisters saamgestel en bewaar?

Die Evangelieskrywers Matteus en Lukas het gedetailleerde geslagsregisters van Jesus se voorvaders saamgestel (Matteus 1:1-16; Lukas 3:23-38). Ander geslagsregisters het ook behoue gebly. Byvoorbeeld, ’n Joodse midrasj, of kommentaar, sê oor Hillel, ’n rabbi van Jesus se dag: “’n Geslagsregisters is in Jerusalem gevind, en daarin staan geskryf dat Hillel ’n nakomeling van Dawid is.” Die eerste-eeuse Joodse geskiedskrywer Flavius Josefus het in sy werk The Life beweer dat sy voorouers priesters was en dat hy aan moederskant “van koninklike afkoms” is. Hy het gesê dat hy hierdie inligting in die “openbare registers” gevind het.

Aangaande die bewaring van die geslagsregisters van die priesterlike families het Josefus in sy werk Against Apion gesê dat sy volk die taak aan “die eerbaarste persone” gegee het. The Jewish Encyclopedia sê: “Hierdie rekords is blykbaar aan ’n spesiale amptenaar toevertrou, en ’n hof van ondersoek is in Jerusalem ingestel.” Niepriesterlike Jode het in hulle vader se stede geregistreer (Lukas 2:1-5). Die Evangelieskrywers het klaarblyklik hierdie openbare argiewe geraadpleeg. Privaat registers is blykbaar deur individuele gesinne gehou.