Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Wanneer het die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid die sewende wêreldmoondheid van Bybelprofesie geword?

▪ Die reusagtige metaalbeeld wat koning Nebukadnesar gesien het, stel nie al die wêreldmoondhede voor nie (Dan. 2:31-45). Dit beeld slegs die vyf af wat vanaf Daniël se tyd regeer het en wat betekenisvolle handelinge met God se volk gehad het.

Daniël se beskrywing van die metaalbeeld dra die gedagte oor dat die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid uit Rome sou spruit en nie dat dit Rome sou verower nie. Daniël sien dat die yster in die bene van die beeld regdeur die voete tot in die tone strek. (In die voete en tone is die yster met klei gemeng.) * Hierdie beskrywing dui daarop dat die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid uit die bene van yster te voorskyn sou kom. Die geskiedenis bevestig hoe akkuraat hierdie beskrywing was. Brittanje, ’n voormalige deel van die Romeinse Ryk, het in die laat 1700’s prominent begin word. Later het die Verenigde State van Amerika ’n nasie geword om mee rekening te hou. Maar die sewende wêreldmoondheid van Bybelprofesie het toe nog nie tot stand gekom nie. Waarom nie? Brittanje en die Verenigde State het nog nie op ’n betekenisvolle wyse saam opgetree nie. Dít het gedurende die Eerste Wêreldoorlog gebeur.

Teen dié tyd was “die kinders van die koninkryk” hoofsaaklik in die Verenigde State bedrywig, met hulle wêreldhoofkwartier in Brooklyn, New York (Matt. 13:36-43). Lede van die gesalfde klas het ywerig gepreek in lande wat deur die Britse Ryk oorheers is. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het die Britse en Amerikaanse moondhede ’n spesiale bondgenootskap aangegaan toe hulle teen gemeenskaplike politieke vyande geveg het. Hulle het ook weens die verhoogde nasionalisme wat deur die oorlog gewek is, vyandskap geopenbaar teenoor diegene wat deel was van die saad van God se “vrou” en het hulle publikasies verbied en diegene wat die leiding in die predikingswerk geneem het, in die tronk gegooi.—Op. 12:17.

Uit die oogpunt van Bybelprofesie het die sewende wêreldmoondheid dus nie in die laat 1700’s tot stand gekom toe Brittanje prominent begin word het nie. Dit het eerder hierdie posisie aan die begin van die dag van die Here verkry. *

[Voetnote]

^ par. 4 Die klei wat met yster gemeng is, beeld elemente in die ryk van die ysteragtige Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid af. Met verloop van tyd het hierdie klei dit vir dié moondheid moeilik gemaak om so sterk te wees as wat dit graag wou wees.

^ par. 6 Hierdie verduideliking is ’n bywerking van die inligting wat op bladsy 57, paragraaf 24, van die Daniël se profesie-boek bespreek word en in die tabelle op bladsye 56 en 139 uitgebeeld word.

[Prent op bladsy 19]

Agt broers van die Wagtoringhoofkwartier is in Junie 1918 tronk toe gestuur