Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Leer uit God se Woord

Wanneer het Jesus Koning geword?

Wanneer het Jesus Koning geword?

Hierdie artikel bespreek vrae wat jy dalk al geopper het en toon waar jy die antwoorde in jou Bybel kan vind. Jehovah se Getuies sal graag hierdie antwoorde met jou bespreek.

1. Watter koninkryk is aan Jesus belowe?

God het belowe dat ’n nakomeling van koning Dawid tot onbepaalde tyd op Sy troon sou sit. Daardie voorspelde nakomeling is Jesus, en hy regeer tans in die hemel as die Koning van God se Koninkryk.—Lees Psalm 89:4; Lukas 1:32, 33.

Toe Dawid nog ’n seun was, het God hom gekies om die koning van Jehovah se volk, Israel, te wees. Nadat Dawid gesterf het, het Salomo, wat deur Jehovah gekies is, op “Jehovah se troon” gesit (1 Kronieke 28:4, 5; 29:23). Ná Salomo se dood het baie konings in Jerusalem regeer, maar die meeste van hulle was ontrou. Uiteindelik het Jehovah die leërs van Babilon toegelaat om Jerusalem te vernietig en sy heersende koning te verwyder. Dit het in die jaar 607 VHJ plaasgevind. Sedertdien het niemand uit Dawid se geslagslyn as koning vanuit die letterlike stad Jerusalem regeer nie.—Lees Esegiël 21:27.

2. Hoe lank het die heerskappy wat deur Dawid en Jerusalem voorgestel is, geen mag uitgeoefen nie?

Kort ná die vernietiging van Jerusalem het Jehovah vir sy profeet Daniël gesê dat God ’n koning sou kies om vanuit die hemel te regeer. Wanneer sou sy heerskappy begin?—Lees Daniël 7:13, 14.

Daniël het ’n visioen uitgelê waarin God beveel het dat ’n groot boom afgekap word, net soos God beveel het dat die koninkryk in Jerusalem afgekap en vernietig word. Maar die boom se wortel moes in die grond gelos word sodat dit ná “sewe tye” weer sou groei. Die Bybel dui aan dat drie en ’n half “tye” gelyk is aan 1 260 dae; “sewe tye” is dus gelyk aan 2 520 dae (Openbaring 12:6, 14). In Bybelprofesie verteenwoordig dae dikwels jare (Numeri 14:34). God se Koninkryk sou dus 2 520 jaar lank geen mag uitoefen nie.—Lees Daniël 4:10-17.

3. Wanneer het Jesus Koning geword?

God het Jesus in 1914 as Koning in die hemel gekroon, presies 2 520 jaar ná die vernietiging van Jerusalem. Jesus se eerste daad as Koning was om Satan en sy demone uit die hemel te sit (Openbaring 12:7-10). Daardie gebeurtenis was onsigbaar vir menseoë, maar dit het tot ’n sigbare krisis vir die mensdom gelei (Openbaring 12:12). Gebeure sedert 1914 bevestig dat Jesus in daardie jaar Koning geword het.—Lees Matteus 24:14; Lukas 21:10, 11, 31.

4. Wat beteken Jesus se koningskap vir jou?

Die vervulling van profesieë in verband met Jesus se koningskap toon dat jy God se Woord kan vertrou. Jesus sal binnekort sy koninklike mag gebruik om die mensdom van alle lyding te bevry.—Lees Psalm 72:8, 12, 13; Daniël 2:44.

Vir meer inligting, sien bladsye 215-218 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Tabel op bladsye 16, 17]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Oktober

607 VHJ ← 2 520 jaar → 1914 HJ

1000 VHJ | 1 VHJ 1 HJ | 1000 HJ | 2000 HJ

←606,25 jaar →← 1 913,75 jaar →

Die koninkryk in Jerusalem word vernietig

Gebruik jou sakrekenaar: 606,25 + 1 913,75 = 2 520

God maak Jesus Koning met mag oor die nasies