Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die soeke na die Kersgees

Die soeke na die Kersgees

“Dit is maklik om meegesleep te word deur die dolle gejaag van die seisoen. Vakansietradisies word bloot take wat op ’n lys afgemerk moet word, en tyd saam met die familie en vriende kan kort geknip word deur besige roosters. Die vreugde wat ons behoort te smaak, word soms verdring deur die stres wat ons ervaar.”—DIE VOORMALIGE GOEWERNEUR VAN OKLAHOMA [VSA] BRAD HENRY, 23 DESEMBER 2008.

WANNEER die Kersseisoen nader kom, bevorder liedjies, rolprente en TV-programme ’n vrolike en feestelike vakansiestemming—die Kersgees. Wat dink jy moet die belangrikste element van hierdie gees wees? Is dit

  • Om aan Jesus Christus te dink?

  • Om die vreugde te smaak om te gee?

  • Om die behoeftiges te help?

  • Om tyd saam met die familie deur te bring?

  • Om vrede te bevorder?

Soos goewerneur Henry, wat vroeër aangehaal is, gesê het, is dit vir baie mense wat Kersfees vier, moeilik om gedurende die vakansieseisoen enige van hierdie doelwitte te bereik. Die Kersseisoen is dikwels ’n dolle en stresvolle tyd en bowenal kommersieel van aard. Is dit dan onmoontlik om die Kersgees—of ten minste wat dit veronderstel is om te wees—aan te kweek?

Die Bybel spoor ons almal inderdaad aan om aan Jesus Christus te dink, om vrygewig te wees, om die behoeftiges te help en om tyd saam met ons familie deur te bring. Dit leer ons ook hoe om vredeliewend te wees. Gevolglik sal hierdie reeks artikels nie verduidelik waarom party nie Kersfees * vier nie, maar dit sal eerder die volgende vrae bespreek:

  • Wat voel party moet die rede wees waarom Kersfees gevier word?

  • Waarom is dit ’n uitdaging om hulle verwagtinge in verband met Kersfees te verwesenlik?

  • Watter Bybelbeginsels het miljoene al gehelp om iets beters as Kersfees te vind?

^ par. 10 Vir die skriftuurlike redes waarom party mense besluit om nie Kersfees te vier nie, sien die artikel “Ons lesers vra—Waarom vier party mense nie Kersfees nie?”