Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Wat is God se naam?

Ons gesinslede het almal persoonlike name. Selfs troeteldiere het name! Maak dit dan nie sin dat God ’n naam sal hê nie? In die Bybel het God baie titels, soos God die Almagtige, Soewereine Heer en Skepper, maar hy het ook ’n persoonlike naam.—Lees Jesaja 42:8.

Baie vertalings van die Bybel bevat God se persoonlike naam in Psalm 83:18. In die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif sê hierdie vers byvoorbeeld: “U, wie se naam Jehovah is, u alleen [is] die Allerhoogste oor die hele aarde.”

Waarom moet ons God se naam gebruik?

God wil hê dat ons sy persoonlike naam moet gebruik. Ons gebruik persoonlike name wanneer ons met diegene praat vir wie ons lief is, soos ons hegte vriende—veral as hulle wil hê dat ons dit moet doen. Behoort dit anders te wees wanneer ons met God praat? Wat meer is, Jesus Christus het mense aangespoor om God se naam te gebruik.—Lees Matteus 6:9; Johannes 17:26.

As ons God se vriend wil wees, moet ons egter meer as net sy naam ken. Byvoorbeeld, watter soort persoon is God? Is dit werklik moontlik om na aan God te kom? Jy kan die antwoorde op hierdie vrae in die Bybel vind.