Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Antwoorde op Bybelvrae

Is dit moontlik om die Bybel te verstaan?

Die Bybel is God se Woord. Dit is soos ’n brief van ’n liefdevolle vader (2 Timoteus 3:16). In die Bybel verduidelik God hoe ons hom kan behaag, waarom hy goddeloosheid toelaat en wat hy in die toekoms vir die mensdom gaan doen. Maar godsdiensleraars het Bybelleringe verdraai; gevolglik dink baie mense dat hulle die Bybel nooit sal kan verstaan nie.—Handelinge 20:29, 30.

Jehovah God wil hê dat ons moet weet wat die waarheid omtrent hom is. Daarom het hy ons ’n boek gegee wat ons kán verstaan.—Lees 1 Timoteus 2:3, 4.

Hoe kan jy die Bybel verstaan?

Jehovah het ons nie net die Bybel gegee nie, maar hy voorsien ook hulp om dit te verstaan. Hy het Jesus gestuur om ons te onderrig (Lukas 4:16-21). Jesus het sy toehoorders gehelp om die Skrif te verstaan en het na etlike verse verwys.—Lees Lukas 24:27, 32, 45.

Jesus het die Christengemeente gestig sodat die werk waarmee hy begin het, voortgesit sou word (Matteus 28:19, 20). Vandag help Jesus se ware volgelinge mense om te verstaan wat die Bybel omtrent God leer. As jy die Bybel graag wil verstaan, sal Jehovah se Getuies bly wees om jou te help.—Lees Handelinge 8:30, 31.