Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VOORBLADONDERWERP: MOET JY GODSDIENS VERTROU?

Waarom moet ons ons godsdiens ondersoek?

Waarom moet ons ons godsdiens ondersoek?

Gestel jy moet ’n operasie ondergaan omdat jy ’n lewensgevaarlike siekte het. Jy moet volle vertroue in die snydokter kan hê, aangesien jou lewe in sy hande sal wees. Sal dit dan nie verstandig wees om uit te vind hoeveel ondervinding hy het nie?

Net so is dit verstandig om jou godsdiens noukeurig te ondersoek. As jy aan ’n godsdiensorganisasie behoort, plaas jy jou geestelike lewe as ’t ware in hulle hande. Dit sluit jou vooruitsig op redding in.

Jesus het ’n standaard voorsien om ons te help om ons godsdiens objektief te ondersoek. Hy het gesê: “Elke boom word aan sy eie vrugte geken” (Lukas 6:44). As jy na ’n sekere godsdiens of kerk kyk, moet jy jou byvoorbeeld afvra: Watter vrugte bring dit voort? Plaas die godsdiensleiers te veel klem op geld? Pas die lidmate Bybelbeginsels toe in verband met oorlogvoering en sedes? En laastens, is enige godsdiens ons vertroue waardig? Ons nooi jou om die volgende artikels te ondersoek.

“Elke boom word aan sy eie vrugte geken.”—Lukas 6:44