Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Kyk na die prente!”

“Kyk na die prente!”

Hoeveel keer het jy dit al gesê wanneer jy ’n nuwe nommer van hierdie tydskrif oopgemaak het? Die pragtige prente en foto’s, wat met groot moeite saamgestel word, is daar vir ’n doel. Dit is onderrigmiddels wat ons hart en verstand raak. Dit kan veral nuttig wees wanneer ons vir die Wagtoring-studie voorberei en daaraan deelneem.

Dink byvoorbeeld aan waarom die eerste prent van elke studieartikel vir daardie artikel gekies is. Wat beeld dit uit? Hoe hou dit verband met die titel van die artikel of die temateks? Dink ook aan hoe die ander prente verband hou met die tema onder bespreking en wat jy daaruit leer.

Die Wagtoring-studiehouer moet die gemeente die geleentheid gee om kommentaar te lewer oor elke prent, om te sê hoe dit van toepassing is op die les of watter impak dit op hulle het. In party gevalle verbind ’n byskrif ’n prent met ’n spesifieke paragraaf. In ander gevalle kan die studiehouer besluit by watter paragraaf dit die beste sal wees om ’n sekere prent te bespreek. Op hierdie manier sal almal ten volle baat vind by wat gedoen is om die leser te help om die lesse in God se Woord te visualiseer.

Een broer het dit so gestel: “Nadat ek ’n artikel gelees het wat goed geskryf is, is die prente die kersie op die koek.”