Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VOORBLADONDERWERP | WAAROOR HANDEL DIE BYBEL?

Waarom moet jy in die Bybel belangstel?

Waarom moet jy in die Bybel belangstel?

Die Bybel is verreweg die gewildste boek in die wêreld. Waarom? Om maar een ding te noem, jy kan jou maklik daarmee vereenselwig. Dit bevat ware verhale van werklike mense en hulle handelinge met mekaar en met God. Hierdie verslae leer ons praktiese lesse met behulp van eenvoudige woorde wat in honderde tale vertaal kan word en wat deur mense in enige plek of tydperk verstaan kan word. En die Bybel se beginsels werk altyd.

Bowenal maak die Bybel nie net daarop aanspraak dat dit ’n boek is wat oor God handel nie, maar ook dat dit ’n boek is wat van God kom. Dit openbaar God se naam, sy persoonlikheid en wat sy onveranderlike voorneme was toe hy die aarde en die mens geskep het. Die Bybel vertel ook van die eeue lange stryd tussen goed en kwaad: ’n interessante drama waarby die ganse heelal betrokke is en wat ’n gelukkige einde het. As ons die Bybel met ’n oop gemoed lees, lê dit dus ’n grondslag vir geloof en hoop.

In die Bybel vind ons inligting wat nêrens anders beskikbaar is nie. Die Bybel vertel ons byvoorbeeld die waarheid oor onderwerpe soos:

  • Waar ons vandaan kom en waarom ons ly

  • God se reëling om die mensdom los te koop

  • Wat Jesus vir ons gedoen het

  • Die toekoms van die aarde en die mens

Kyk gerus na die volgende bladsye om te sien waaroor die Bybel handel.