Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Sien jy “die Onsigbare”?

Sien jy “die Onsigbare”?

“Hy het standvastig gebly asof hy die Onsigbare sien.”HEB. 11:27.

1, 2. (a) Verduidelik waarom Moses blykbaar in gevaar verkeer het. (Sien prent aan begin van artikel.) (b) Waarom het Moses nie die toorn van die koning gevrees nie?

FARAO was ’n magtige heerser en ’n lewende god vir die Egiptenaars. In hulle oë het hy “alle aardse skepsele in wysheid en mag oortref”, sê die boek When Egypt Ruled the East. Om vrees by sy onderdane in te boesem, het Farao ’n kroon gedra met die beeld van ’n kobra daarop wat gereed is om te pik’n herinnering dat die koning se vyande spoedig vernietig sou word. Stel jou dan voor hoe Moses gevoel het toe Jehovah vir hom gesê het: “Laat ek jou na Farao toe stuur, en jy moet my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uitlei.”Eks. 3:10.

2 Moses het na Egipte gegaan en God se boodskap verkondig, wat hom Farao se toorn op die hals gehaal het. Nadat nege plae die land getref het, het Farao Moses gewaarsku: “Moet my aangesig nie weer probeer sien nie, want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterf” (Eks. 10:28). Voordat Moses voor Farao weggegaan het, het hy voorspel dat die koning se eersgebore seun sou sterf (Eks. 11:4-8). Uiteindelik het Moses elke Israelitiese gesin beveel om ’n bok of ’n ram’n dier wat vir die Egiptiese god Ra heilig waste slag en hulle deurposte met die bloed  daarvan te bespat (Eks. 12:5-7). Hoe sou Farao reageer? Moses was nie bang nie. Waarom nie? Deur geloof het hy Jehovah gehoorsaam “sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het standvastig gebly asof hy die Onsigbare sien”.Lees Hebreërs 11:27, 28.

3. Wat sal ons in verband met Moses se geloof in “die Onsigbare” ondersoek?

3 Is jou geloof so sterk dat dit is asof jy “God sien”? (Matt. 5:8). Moses se voorbeeld kan ons help om ons geestelike sig te verbeter sodat ons “die Onsigbare” kan sien. Hoe het sy geloof in Jehovah hom teen mensevrees beskerm? Hoe het hy geloof in God se beloftes beoefen? En hoe het Moses se vermoë om “die Onsigbare” te sien, hom versterk toe hy en die Israeliete in gevaar was?

HY HET NIE “DIE TOORN VAN DIE KONING” GEVREES NIE

4. Wat was Moses se posisie voor Farao op die oog af?

4 Op die oog af was Moses magteloos teen Farao. Dit het gelyk asof Moses se lewe, welsyn en toekoms in Farao se hande was. Moses self het Jehovah gevra: “Wie is ek dat ek na Farao toe sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte moet uitlei?” (Eks. 3:11). Ongeveer 40 jaar vroeër het Moses as ’n voortvlugtige uit Egipte gevlug. Dalk het hy gewonder: ‘Sal dit werklik verstandig wees om na Egipte terug te keer en die gevaar te loop om my die koning se toorn op die hals te haal?’

5, 6. Wat het Moses gehelp om Jehovah te vrees, en nie Farao nie?

5 Voordat Moses na Egipte teruggekeer het, het God hom ’n lewensbelangrike beginsel geleer, dieselfde beginsel wat Moses later in die boek Job opgeteken het: “Die vrees van Jehovahdit is wysheid” (Job 28:28). Om Moses te help om hierdie vrees te ontwikkel en wyslik op te tree, het Jehovah mense vergelyk met God die Almagtige. Hy het gevra: “Wie het vir die mens ’n mond gemaak, of wie maak die stomme of die dowe of die skerpsiende of die blinde? Is dit nie ek, Jehovah, nie?”Eks. 4:11.

6 Wat was die les? Dit was nie vir Moses nodig om bang te wees nie. Hy is deur Jehovah gestuur, en Hy sou Moses alles gee wat hy nodig sou hê om God se boodskap aan Farao bekend te maak. Wat meer is, Farao was magteloos teen Jehovah. Dit was immers nie die eerste keer dat God se knegte in Egipte in gevaar was nie. Dalk het Moses gepeins oor hoe Jehovah Abraham, Josef en Moses self gedurende die bewind van vorige Farao’s beskerm het (Gen. 12:17-19; 41:14, 39-41; Eks. 1:22–2:10). Met geloof in Jehovah, “die Onsigbare”, het Moses moedig voor Farao verskyn en elke woord wat Jehovah hom beveel het om te sê, aan Farao bekendgemaak.

7. Hoe het geloof in Jehovah ’n suster beskerm?

7 Net so het geloof in Jehovah ’n suster met die naam Ella beskerm sodat sy nie voor mensevrees geswig het nie. In 1949 is Ella in Estland deur die KGB in hegtenis geneem, kaal uitgetrek en toe deur ’n groep jong polisiemanne aangestaar. “Ek was verneder”, het sy gesê. “Maar nadat ek tot Jehovah gebid het, het ’n gevoel van vrede en kalmte van hart oor my gekom.” Toe is Ella vir drie dae in alleenopsluiting geplaas. Sy vertel: “Die amptenare het geskreeu: ‘Ons sal seker maak dat nie eens die naam Jehovah in Estland onthou word nie! Jy gaan na ’n kamp, en die ander gaan na Siberië!’ Hulle het tartend bygevoeg: ‘Waar is jou Jehovah?’” Sou Ella mense vrees of op Jehovah vertrou? Toe sy ondervra is, het sy vreesloos geantwoord en vir haar vervolgers gesê: “Ek het baie oor hierdie saak nagedink, en ek sal eerder in die tronk wees en ’n  goeie verhouding met God hê as om vry te wees en sy goedkeuring te verloor.” Vir Ella was Jehovah net so ’n werklikheid soos die mans wat voor haar gestaan het. Haar geloof het haar gehelp om haar onkreukbaarheid te handhaaf.

8, 9. (a) Wat is die teenmiddel vir mensevrees? (b) Op wie moet jy jou gedagtes gerig hou as jy in die versoeking kom om voor mensevrees te swig?

8 Geloof in Jehovah sal jou help om jou vrese te oorkom. As magtige amptenare jou vryheid om God te aanbid, probeer beperk, kan dit lyk asof jou lewe, jou welsyn en jou toekoms in mensehande is. Jy sal dalk selfs wonder of dit verstandig is om aan te hou om Jehovah te dien en jou die toorn van die owerheid op die hals te haal. Onthou: Die teenmiddel vir mensevrees is geloof in God. (Lees Spreuke 29:25.) Jehovah vra: “Wie is jy dat jy bang sou wees vir ’n sterflike mens wat sal doodgaan, en vir ’n mensekind wat soos groen gras gemaak sal word?”Jes. 51:12, 13.

9 Hou jou gedagtes gerig op jou almagtige Vader. Hy sien, het empatie met en tree op ten behoewe van diegene wat weens onregverdige heersers ly (Eks. 3:7-10). Selfs as jy jou geloof voor magtige amptenare moet verdedig, ‘moet jy jou nie kwel oor hoe of wat jy moet sê nie; want wat jy moet sê, sal in daardie uur aan jou gegee word’ (Matt. 10:18-20). Menseheersers en regeringsamptenare is magteloos teen Jehovah. Deur nou jou geloof te versterk, kan jy Jehovah as ’n werklike Persoon begin sien wat jou graag wil help.

HY HET GELOOF IN GOD SE BELOFTES BEOEFEN

10. (a) Watter instruksies het Jehovah in die maand Nisan 1513 VHJ aan die Israeliete gegee? (b) Waarom het Moses God se instruksies gehoorsaam?

10 In die maand Nisan 1513 VHJ het Jehovah vir Moses en Aäron gesê om die volgende ongewone instruksies aan die Israeliete oor te dra: Kies ’n gesonde skaap- of bokram, slag dit en bespat julle deurposte met die bloed (Eks. 12:3-7). Hoe het Moses gereageer? Die apostel Paulus het later oor hom geskryf: “Deur geloof het hy die pasga gevier en die bespatting van die bloed, sodat die vernietiger nie hulle eersgeborenes sou aanraak nie” (Heb. 11:28). Moses het geweet dat Jehovah betroubaar is, en hy het geloof beoefen in Jehovah se woorde dat hy die eersgebore seuns in Egipte sou doodmaak.

11. Waarom het Moses ander gewaarsku?

11 Moses se seuns was waarskynlik in Midian, ver van “die vernietiger” af (Eks. 18:1-6). * Tog het hy die instruksies gehoorsaam oorgedra aan ander Israelitiese gesinne wie se eersgebore seuns in gevaar was. Lewens was op die spel, en Moses het sy medemens liefgehad. Die Bybel sê: “Dadelik het Moses al die ouer manne van Israel geroep en vir hulle gesê: . . . ‘Slag die pasgaoffer.’”Eks. 12:21.

12. Watter belangrike boodskap het Jehovah ons gegee om te verkondig?

12 Onder engeleleiding verkondig Jehovah se volk ’n belangrike boodskap: “Vrees God en gee hom heerlikheid, want die uur van die oordeel deur hom het aangebreek, en aanbid dus die Een wat die hemel en die aarde en see en waterfonteine gemaak het” (Op. 14:7). Dit is nou die tyd om hierdie boodskap bekend te maak. Ons moet ons medemens waarsku om uit Babilon die Grote uit te gaan, sodat hulle nie “deel van haar plae . . . ontvang nie” (Op. 18:4). Gesalfde Christene sowel as die “ander skape” smeek mense wat van God vervreem is om ‘met God versoen te raak’.Joh. 10:16; 2 Kor. 5:20.

Geloof in Jehovah se beloftes sal jou begeerte versterk om die goeie nuus te verkondig (Sien paragraaf 13)

13. Wat sal ons begeerte versterk om die goeie nuus te verkondig?

 13 Ons is daarvan oortuig dat “die uur van die oordeel” inderdaad aangebreek het. Ons het ook geloof dat Jehovah nie die dringendheid van ons predikings- en dissipelmaakwerk oordryf nie. In ’n visioen het die apostel Johannes “op die vier hoeke van die aarde vier engele sien staan, wat die vier winde van die aarde styf vashou” (Op. 7:1). Sien jy deur geloof hierdie engele wat gereed is om die vernietigende winde van die groot verdrukking op hierdie wêreld los te laat? As jy hierdie engele met jou oë van geloof sien, sal jy jou begeerte versterk om die goeie nuus te verkondig.

14. Wat beweeg ons om “die goddelose teen sy goddelose weg te waarsku”?

14 Ware Christene geniet alreeds ’n vriendskap met Jehovah en het die hoop op die ewige lewe. Maar ons besef dat dit ons verantwoordelikheid is om “die goddelose teen sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou”. (Lees Esegiël 3:17-19.) Ons preek natuurlik nie net om bloedskuld te vermy nie. Ons is lief vir Jehovah, en ons is lief vir ons medemens. In sy vergelyking van die barmhartige Samaritaan het Jesus toegelig wat liefde en barmhartigheid werklik beteken. Ons kan ons afvra: ‘Word ek, soos die Samaritaan, “ontroer deur innige jammerte”, en beweeg dit my om te getuig?’ Ons wil immers nooit soos die priester en die Leviet in die vergelyking wees, wat hulleself verskoon het en “aan die oorkant” verbygegaan het nie (Luk. 10:25-37). Geloof in God se beloftes en liefde vir ons medemens sal ons beweeg om ’n volle aandeel aan die predikingswerk te hê voordat die tyd opraak.

 ‘HULLE HET DEUR DIE ROOI SEE GETREK’

15. Waarom het dit gelyk asof die Israeliete vasgekeer is?

15 Moses se geloof in “die Onsigbare” het hom gehelp toe die Israeliete in gevaar was nadat hulle Egipte verlaat het. Die Bybelverslag sê: “Die kinders van Israel [het] hulle oë opgeslaan, en kyk, die Egiptenaars het agter hulle aan getrek; en die kinders van Israel het baie bang geword en tot Jehovah begin roep” (Eks. 14:10-12). Was dit ’n onverwagte situasie? Glad nie. Jehovah het voorspel: “Ek sal Farao se hart inderdaad onversetlik laat word, en hy sal hulle beslis agternasit, en ek sal vir my heerlikheid verkry deur middel van Farao en sy hele krygsmag; en die Egiptenaars sal beslis weet dat ek Jehovah is” (Eks. 14:4). Maar die Israeliete het net gesien wat met die oog sigbaar wasdie ondeurganklike Rooisee voor hulle, Farao se vinnige strydwaens agter hulle en ’n 80 jaar oue herder wat hulle lei! Dit het gelyk asof hulle vasgekeer is.

16. Hoe het geloof Moses by die Rooisee versterk?

16 Maar Moses het nie geweifel nie. Waarom nie? Omdat hy met sy oë van geloof iets gesien het wat baie kragtiger is as ’n see of ’n leër. Hy kon ‘die redding van Jehovah sien’, en hy het geweet dat Jehovah vir die Israeliete sou veg. (Lees Eksodus 14:13, 14.) Moses se geloof het God se volk met moed besiel. “Deur geloof het hulle deur die Rooi See getrek soos oor droë land”, sê die Bybel, “maar toe die Egiptenaars dit daarop waag, is hulle verswelg” (Heb. 11:29). Daarna “[het] die volk . . . begin om Jehovah te vrees en om geloof in Jehovah en in Moses, sy kneg, te stel”.Eks. 14:31.

17. Watter toekomstige gebeurtenis sal ons geloof toets?

17 Dit sal binnekort lyk asof ons lewe in gevaar is. Teen die tyd dat die groot verdrukking ’n klimaks bereik, sal die regerings van hierdie wêreld godsdiensorganisasies wat groter en magtiger is as ons s’n, verwoes het en heeltemal vernietig het (Op. 17:16). Jehovah het ons kwesbare situasie profeties beskryf as “die land van die oop plattelandse gebied . . . [waar] almal sonder muur woon, en hulle het selfs nie grendels en deure nie” (Eseg. 38:10-12, 14-16). Op die oog af sal dit lyk asof ons geen kans op oorlewing het nie. Hoe sal jy reageer?

18. Verduidelik waarom ons gedurende die groot verdrukking standvastig sal kan bly.

18 Ons hoef nie uit vrees te weifel nie. Waarom nie? Omdat Jehovah hierdie aanval op God se volk voorspel het. Hy het ook die uitkoms voorspel. “‘In dié dag, die dag wanneer Gog teen die land van Israel kom’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘sal my woede in my neus opkom. En in my ywer, in die vuur van my grimmigheid, sal ek moet spreek’” (Eseg. 38:18-23). Dan sal God almal vernietig wat Jehovah se volk kwaad wil aandoen. As jy geloof het dat Jehovah jou gedurende “die groot en vreesinboesemende dag van Jehovah” sal beskerm, sal jy ‘die redding van Jehovah sien’ en jou onkreukbaarheid kan handhaaf.Joël 2:31, 32.

19. (a) Hoe heg was Moses se verhouding met Jehovah? (b) Watter seëninge sal jy geniet as jy in al jou weë op Jehovah ag slaan?

19 Berei nou vir hierdie opwindende gebeurtenisse voor deur ‘standvastig te bly asof jy die Onsigbare sien’! Versterk jou vriendskap met Jehovah God deur middel van gereelde studie en gebed. Moses het so ’n hegte verhouding met Jehovah gehad en is op so ’n kragtige wyse deur hom gebruik dat die Bybel sê dat Jehovah Moses “van aangesig tot aangesig” geken het (Deut. 34:10). Moses was ’n uitsonderlike profeet. En deur geloof kan jy ook so ’n intieme verhouding met Jehovah hê dat dit sal wees asof jy hom kan sien. As jy voortdurend “in al jou weë” op hom ag slaan, soos God se Woord ons aanspoor, sal hy “jou paaie reguit maak”.Spr. 3:6.

^ par. 11 Jehovah het klaarblyklik engele gestuur om oordeel aan die Egiptenaars te voltrek.Ps. 78:49-51.