Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Het Jesus werklik mense opgewek?

Jesus het Lasarus, wat reeds vier dae dood was, opgewek

Die Bybel sê uitdruklik dat Jesus dooie mense opgewek het. Hierdie verslae is nie mites nie; dit het op werklike plekke en op spesifieke tye plaasgevind. Byvoorbeeld, gedurende die somer van die jaar 31 HJ het ’n groot skare saam met Jesus van Kapernaum na Nain gereis. Toe hulle daar aankom, het hulle nog ’n skare teëgekom. Jy kan die verslag vertrou oor die opstanding wat toe plaasgevind het omdat dit in God se Woord, die Bybel, opgeteken is en omdat dit voor al daardie ooggetuies plaasgevind het.—Lees Lukas 7:11-15.

Jesus het ook sy vriend Lasarus, wat reeds vier dae dood was, opgewek. Jy kan die verslag glo oor wat Jesus daardie dag gedoen het, aangesien daar ook baie ooggetuies was.—Lees Johannes 11:39-45.

Waarom het Jesus mense opgewek?

Jesus het mense opgewek omdat hy deur medelye beweeg is. Hy het dit ook gedoen om te toon dat sy Vader, die Skepper van lewe, hom mag oor die dood gegee het.—Lees Johannes 5:21, 28, 29.

Die opstandings wat Jesus verrig het, bou ons vertroue op in sy beloftes oor die toekoms. Hy sal baie mense opwek, insluitende onregverdige mense wat niks omtrent die ware God geweet het nie. Hulle sal die geleentheid gegee word om Jehovah God te leer ken en lief te kry.—Lees Handelinge 24:15.