Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Wat laat baie mense dink dat daar ’n Skepper is?

Lewe is ’n wonderwerk

Sowat 3 000 jaar gelede het ’n digter geskryf: “Ek [is] op ’n vreesinboesemende wyse wonderbaar gemaak” (Psalm 139:14). Verstom dit jou nie as jy dink aan hoe ’n baba uit ’n enkele sel ontwikkel nie? Baie mense gee die Skepper die eer vir die ontwerp van lewende dinge.—Lees Psalm 139:13-17; Hebreërs 3:4.

Die Een wat die heelal geskep het en die aarde bewoonbaar gemaak het, het ook lewe geskep (Psalm 36:9). Hy het met die mensdom gekommunikeer en ons van homself vertel.—Lees Jesaja 45:18.

Is ons van diere afkomstig?

In baie opsigte is ons liggaam soortgelyk aan dié van diere. Maar dit is omdat mense en diere deur die Skepper ontwerp is om op die aarde te lewe. Hy het die eerste mens gemaak, nie deur ’n dier te gebruik nie, maar uit die grond.—Lees Genesis 1:24; 2:7.

Mense verskil van diere in twee belangrike opsigte. Eerstens, mense het die vermoë om die Skepper te ken, lief te hê en te respekteer. Tweedens, mense is ontwerp om vir ewig te lewe, maar diere is nie. Alle mense het egter die dood geërf omdat die eerste mens die Skepper se leiding verwerp het.—Lees Genesis 1:27; 2:15-17.