Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Waar kom boosheid vandaan?

Wie het probeer om Jesus ’n slegte daad te laat doen?—Matteus 4:8-10

Oor die algemeen wil mense vredeliewend, eerlik en goedhartig wees. Waarom sien ons dan dikwels geweld, ongeregtigheid en wreedheid? Ons hoor heeltyd afgryslike nuusberigte. Is daar iemand wat mense probeer beïnvloed om slegte dinge te doen?—Lees 1 Johannes 5:19.

Het God mense so geskep dat hulle ’n neiging het om bose dinge te doen? Nee, Jehovah God het mense in sy beeld geskep, met ’n neiging om God se liefde na te volg (Genesis 1:27; Job 34:10). Maar God verleen ook waardigheid aan mense deur hulle wilsvryheid te gee. Toe ons eerste ouers besluit het om verkeerd op te tree, het hulle God se voorbeeld verwerp en onvolmaak geword. Ons het die neiging om te sondig van hulle geërf.—Lees Deuteronomium 32:4, 5.

Sal daar altyd boosheid wees?

God wil hê dat ons ons slegte neigings moet weerstaan (Spreuke 27:11). Hy leer ons dus hoe om verkeerde gedrag te vermy en hoe om ware geluk te vind. Maar op die oomblik kan ons nie God se liefde volmaak navolg nie.—Lees Psalm 32:8.

Hoewel boosheid nou oorvloedig is, laat God dit ’n beperkte tyd lank toe sodat almal die hartseer gevolge daarvan kan sien (2 Petrus 3:7-9). Maar die aarde sal binnekort gevul wees met gelukkige mense wat God gehoorsaam.—Lees Psalm 37:9-11.